DIE PRO­FES­SI­O­NE­LE PLAN

Weg! Platteland - - Gryswater -

Om ver­skeie re­des sal ’n klein self­doen­stel dalk nie die reg­te ding vir jou gesin wees nie. Jy het mis­kien ’n groot huis met bad­ka­mers wat ver uit­me­kaar is, of die hel­ling van die grond be­te­ken ’n bo­grond­se een­heid gaan ge­woon nie op jou erf werk nie. Of dalk het jy bloot nie die e­ner­gie of ken­nis om self ’n stel­sel te in­stal­leer nie.

Die af­ge­lo­pe 23 jaar al in­stal­leer Wa­ter R­hap­so­dy stel­sels vir el­ke denk­ba­re si­tu­a­sie – teen ver­ba­send be­kos­tig­ba­re pry­se. Die land­wye fran­chi­se­net­werk be­te­ken boon­op jy kan selfs in die ver­ste uit­hoek van die land dié puik pro­duk­te in die han­de kry.

Die pomp én op­gaar­tenk van Wa­ter R­hap­so­dy se Gar­den R­hap­so­dy is gro­ter as dié van die Gar­den Resq, en die he­le drom word be­gra­we so­dat die dek­sel op grond­vlak is (jy kan dit selfs on­der ’n hout­dek in­stal­leer). In­ge­sluit by al­le Wa­ter R­hap­so­dy-stel­sels is be­hoor­li­ke pyp en ’n Gar­de­na-pi­ra­mi­de­sproei­er. En as jy die voor- én ag­ter­tuin wil nat­lei, kan jy baie mak­lik ’n twee­de pyp en sproei­er aan­skaf. Prys R12 000-R24 000, al­les in­ge­sluit. Geen twee in­stal­la­sies is die­self­de nie, maar selfs al het jou huis twee a­par­te een­he­de no­dig, gaan dit jou nie meer as R25 000 uit die sak jaag nie. Kon­tak wa­ter­rhap­so­dy.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.