DIE ROLLS-ROYCESTEL SEL

Weg! Platteland - - Gryswater -

Die A­qua­loop, ’n grens­ver­skui­wen­de stel­sel van die Duit­se ver­vaar­di­ger In­te­wa, word be­skou as die Rolls-roy­ce van huis­hou­de­li­ke grys­wa­ter­stel­sels. Met hom kan jy grys­wa­ter ge­bruik in toi­let­te, vir was­goed 5én in die swem­bad. Dis wel nie goed­koop nie, en net soos die Se­cond Mo­vement-stel­sel kan dit moei­lik wees om in ’n be­staan­de huis te in­stal­leer, sê S­te­ve Par­ker.

Die een­heid, wat 1 x 2m groot is, be­staan uit twee tenks: Die eer­ste een pre-fil­treer die wa­ter me­ga­nies voor­dat dit dan bi­o­lo­gies af­ge­breek en deur ’n ultra­fyn mem­braan ge­druk word – net een stap on­der tru-os­mo­se. Die kiem­vrye wa­ter word dan in die so­ge­naam­de “hel­der­wa­ter­tenk” ge­berg waar­van­daan jy dit uit­pomp na die toi­let of swem­bad. Prys R62 000, in­stal­le­ring uit­ge­sluit. In­stal­la­sies kos van­af R10 000, maar die ge­mid­del­de prys is R15 000 . Kon­tak pu­re­rain.co.za

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.