BROODBAK… EN KAASMAAK!

Be­spreek nóú vir Plat­te­land se 2017 werk­ses­sies in Ju­lie en Sep­tem­ber – ons gaan saam leer kaas maak en ’n rits nu­we brood­re­sep­te leer.

Weg! Platteland - - Planteland-werksessies -

Teen dié tyd weet ons Plat­te­land se le­sers is men­se wat graag plan­ne maak, din­ge self doen en nu­we vaar­dig­he­de leer. Want op die plat­te­land kry jy dalk vars lug en son­lig en ga­we men­se, maar nie al die ge­rie­we van die stad nie.

G’n won­der die werk­ses­sies wat ons in 2015 en 2016 aan­ge­bied het, was so ge­wild nie.

Van­jaar maak ons weer so. En dis twee ou be­ken­des wat ons weer gaan tou­wys maak: In Hart­bees­poort en die

Paarl gaan An­ne­lien Pie­naar (fo­to on­der links) vir le­sers wys hoe om fe­ta- en moz­za­rel­la­kaas en labneh, ’n jo­gurt­kaas, te maak (en sy stel ter­self­der­tyd haar eer­ste kook­boek, Boe­re­kos met

’n twist, be­kend); en in Bloem­fon­tein vat Mar­cel­le Bo­tha (on­der regs) haar brood­bak­kur­sus van laas­jaar ’n stap­pie ver­der: Dié slag gaan sy vir ons leer hoe om crois­sants, pa­ni­ni’s, fo­cac­cia en do­nuts te maak. Dit klink dalk ho­ër­graad, maar Mar­cel­le gee ons die ver­se­ke­ring selfs be­gin­ners sal dit kan baas­raak.

S­pring gou, want die aan­tal plek­ke per werk­ses­sie is be­perk. En jy wil dit nie mis­loop nie, want gaan vra maar e­nig­ie­mand wat al ’n Plat­te­land- werk­ses­sie by­ge­woon het: Hier leer ’n mens nie net saam nie, jy eet en kui­er ewe lek­ker. Én jy stap weg met ’n lek­ker ge­skenk­sak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.