Die Oos-vry­staat is my trou­vrou

Weg! Platteland - - Wenbrief -

Suid-a­fri­ka se di­ver­se na­tuur­skoon is wyd be­kend, maar die Oos-vry­staat is ’n gans án­der soort mooi. Sy is dalk nie daar­die mei­sie wat jou a­sem oom­blik­lik weg­slaan nie, maar trou­ma­te­ri­aal is sy wel.

In hier­die ver­drie­ti­ge wê­reld waar al­mal oor­stuur en die ene se­nu­wees is, is daar níks soos plat­te­land­se rus om weer per­spek­tief te kry nie. Ek en my vrou reis ge­reeld deur die land en ons buur­sta­te, maar dis die Oos-vry­staat waar­heen ons keer op keer te­rug­keer... dis as­of God se na­tuur­tem­pel hier uit sy na­te wil bars.

Ons bly ge­woon­lik in “ons” hui­sie, Das­sie­grot, by Mei­rings­kloof, en ver-

ken dan so slow mo­ti­on

van daar af dor­pies soos Cla­rens en Fou­ries­burg.

Die OosVry­staat is ’n pleis­ter of ’n do­sis vi­ta­mie­ne vir die moeë siel. Hier wil ek kom af­tree en nes­skop, en my kin­ders en klein­kin­ders in­spi­reer om ons voet­spo­re te volg tot hier waar jy jou le­we kan leef tot won­der­li­ke ui­ter­stes! Nols S­choe­man, RIEBEECKSTAD

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.