Plat­te­land in die Goud­stad

Weg! Platteland - - Nuus En Dagboek -

Die S­ta­bles Vil­la­ge Mar­ket is in 2015 ge­bo­re na­dat ou per­de­stal­le in C­hart­well, Jo­han­nes­burg, ve­ran­der is in kom­pak­te win­kels en kos­stal­le­tjies waar jy e­nig­iets van kos, drink­goed en ge­sken­ke tot kuns, de­kor en leef­styl-, ge­sond­heids- en skoon­heids­pro­duk­te kan aan­skaf. Dis ook g’n won­der dat die be­to­noer­wou­din­wo­ners dit so ga­te uit ge­niet nie – die mark se mot­to is im­mers pu­re plat­te­land: “Farm fresh, grass fed, or­ga­nic”. Al­ler­lei nu­we plan­ne pronk ook op die spys­kaart: • Maan­lig­mark Op die eer­ste Vry­dag van el­ke maand – dus op 2 Ju­nie, 7 Ju­lie, 4 Au­gus­tus en 1 Sep­tem­ber – word ’n spe­si­a­le maan­lig­mark met meer as 60 stal­le­tjies ge­hou. Daar is ga­we speel­plek vir die kroos én jy mag jou vier­been­kin­ders saam­bring. • Art in the Park Plaas­li­ke kuns­te­naars kom stal een keer per maand, on­der meer op 17 Ju­nie, 22 Ju­lie en 19 Au­gus­tus, hul­le werk uit. Jy kan selfs kyk hoe par­ty hul­le kuns­wer­ke maak. • Bas­til­le­fees Bas­til­le­dag word op 14 en 15 Ju­lie ge­vier. Kom kui­er van 17:00 tot 21:00 op die Vry­dag en 10:00 tot 18:00 op die Sa­ter­dag saam. • Kers­fees in Ju­lie word van­jaar op 29 Ju­lie van 11:00 tot 21:00 ge­hou. • Wyn­fees Die mark hou ’n spe­si­a­le wyn­fees op 9 Sep

tem­ber (10:00 tot 18:00) en 10 Sep­tem­ber (10:00-17:00). Be­soek die mark van 09:00 tot 17:00 op Woens­dae, Don­der­dae en Son­dae in 3de Straat. Op Vry­dae en Sa­ter­dae sluit dit eers om 21:00. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.