JOLANDIE FERREIRA

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Daar is ’n paar in­lig­tings­kan­to­re op Sa­bie, maar Jolandie glo sy werk by die bes­te een, die een langs die Wim­py.

Vol­gens haar is Maart die bes­te tyd om dié wê­reld te be­soek. “Dan is dit mooi groen en die wa­ter­val­le loop ge­woon­lik sterk. Win­ter­tyd is nie sleg nie, maar dit raak ook maar droog en vaal hier by ons.”

Al is sy van P­re­to­ria, sien sy dees­dae op as sy soon­toe moet gaan. “Dis nog vei­lig op Sa­bie en ons kan met ’n ge­rus­te hart in die stra­te stap. As ek net dink aan die stad met sy ver­keer en ge­va­re, dan raak ek skoon be­noud.

“Die won­der­lik­ste is die ma­nier hoe die kin­ders hier groot­word. My kin­ders swem nie in swem­bad­dens nie; hul­le swem in poe­le langs wa­ter­val­le.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.