CHANTELLE SIELING

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Chantelle wou van Jo­han­nes­burg se ge­jaag en mis­daad af weg­kom, en om­dat sy baie saam met haar ou­ers in Sa­bie va­kan­sie ge­hou het, het dít na net die reg­te plek ge­lyk. “Die rus­tig­heid en na­tuur­skoon het my gou oor­tuig. Maar dis dees­dae nie meer so rus­tig nie; die dor­pie het be­dry­wig ge­word. Waar dit lank net om bos­bou ge­draai het, het die fo­kus ver­skuif na toe­ris­me.”

Bos­bou is eg­ter steeds ’n baie groot be­dryf en Chantelle werk in die land se e­nig­ste bos­bou­museum op die dorp.

“Die plan­ta­sies is be­gin na­dat die in­heem­se bo­me ge­du­ren­de die goud­myn­dae op­ge­kap is. Uit­heem­se bo­me word in die plan­ta­sies ge­plant om­dat hul­le baie vin­ni­ger groei. So ’n boom word ná om­trent 26 jaar af­ge­sny.

“Die bos­bou­be­dryf het ook maar sy eie uit­da­gings: Jy sal dit nie glo nie, maar hout­dief­stal is een van die groot­ste pro­ble­me. Dit is mak­li­ker om hout te ver­koop as di­a­man­te en dwelms.”

Is Sa­bie dus nog die plek waar sy graag wil bly? “O ja! As ek skot­tel­goed was, kyk ek by my ven­ster uit na ’n lief­li­ke wa­ter­val­le­tjie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.