GODFREY THULELO

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Die kroeg waar­in Godfrey werk, is deel van die Roy­al-ho­tel. Dis ’n plek met ’n in­te­res­san­te sto­rie. “Baie ja­re ge­le­de was dit ’n Ka­to­lie­ke ker­kie in Mo­sam­biek. Dis toe deur ie­mand van Pel­grims­rus ge­koop, af­ge­breek en op ’n os­se­wa al die pad hier­na­toe aan­ge­ry. Hier is dit aan­me­kaar­ge­sit... en dit het die C­hurch Bar ge­word,” ver­tel Godfrey.

Hy is op Pel­grims ge­bo­re en werk se­dert 2002 by die Roy­al. “Eers in die kom­buis – jy kan nie som­mer net in die kroeg be­gin nie.”

Hy sê hy is ge­luk­kig op Pel­grims­rus, maar droom van sy eie be­sig­heid. “Dit sal lek­ker wees om my eie klein pub of re­stau­rant te hê. Ek sal dit graag hier op Pel­grims wil doen, maar ons sal eers moet sien of dit weer so be­sig gaan raak soos ’n paar jaar te­rug.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.