PERTUNIA MNABANE

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Daar is baie stal­le­tjies langs die stra­te van Pel­grims­rus. En al­mal ver­koop ba­sies die­self­de hand- en kuns­werk. Pertunia het een van hier­die stal­le­tjies. Sy is ’n baie ga­we vrou en pro­beer niks aan jou af­smeer nie.

“Ek is van 1999 af op Pel­grims – ek was eers daar na­by die pot­ho­les (die Bour­ke’s Luck­kolk­ga­te). Van 2010 af is hier glad nie goeie be­sig­heid op die dorp nie. Baie win­kels is toe, hier is nie ’n kits­bank of pe­trol nie, en daar­om kom baie min­der men­se hier­heen. Dit maak die le­we taai. Die rus­tig­heid en vre­de maak Pel­grims ’n lek­ker plek om te bly. Maar ons hoop din­ge tel weer vin­nig spoed op.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.