RIËTTE EN DANIE VAN NIEKERK

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Riëtte is op Gras­kop ge­bo­re en is van­dag nog hier. Haar pa en ou­pa het die Pa­no­ra­ma­cha­lets­en­rus­kamp op die rand van die kloof net suid van die dorp in 1968 be­gin, en sy en Danie be­stuur nou die plek. Danie is van Ger­mis­ton en het in die bank op Gras­kop kom werk. Dis hier waar hy vir Riëtte ont­moet het. “Hier­die is ’n on­ge­loof­li­ke om­ge­wing. As jy eers een keer hier was, kan jy dit glad nie uit jou ge­stel kry nie,” sê Danie.

“Ons is na­tuur­lik heel­te­mal af­hank­lik van toe­ris­me. Maar dis ook ’n uit­da­ging om el­ke dag met men­se te werk, en daar­om is dit vir ons lek­ker om by plek­ke uit te kom waar daar nie reg­tig an­der men­se is nie,” sê Riëtte.

Het Gras­kop vir haar oor die ja­re ve­ran­der? “Dit het, ja. Die bos­bou het die af­ge­lo­pe tien jaar deur baie ver­an­de­rin­ge ge­gaan, wat be­te­ken baie men­se het hul­le werk ver­loor. Die ge­meen­skap voel ook nie meer vir my so ge­heg aan me­kaar soos ja­re te­rug nie. Dees­dae is hier baie men­se op die dorp wat ek nie eens ken nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.