So is die le­we

Aan die bui­te­wy­ke van el­ke plat­te­land­se dorp leef ’n Si­bu­si­so – ’n al­mal-se-kind wat die in­wo­ners dwing om na bin­ne te kyk en na bui­te te voel. Fran­coi­se S­teyn ver­tel van die “grens­men­se” wat al haar pad ge­kruis het.

Weg! Platteland - - News - ILLUSTRASIE FRAN­COI­SE S­TEYN

Fran­coi­se S­teyn ont­hou die rand­fi­gu­re wat jy op el­ke plat­te­land­se dorp kry

V an­dag dra hy oran­je en swart: ’n oran­je hemp, swart lang­broek, spog­ge­ri­ge pers das en pik­swart son­bril. En spier­wit­te tek­kies. Hy is haas­tig, kyk nie links of regs nie. Sy draad­kar bly se­kuur op die pad, al spring die blik­kies­wie­le rond en bont. Hy ont­wyk slag­ga­te, jaag be­hen­dig om voet­gan­gers en oor die Tu­ge­la­brug.

Bar­bie sit in ’n lig­blou rok en met oop plas­tiek­be­ne in die kar. Sy smi­le pienk met haar stok­sty­we ny­lon­ha­re wat net ef­fens sid­der in die wind. Ag­ter haar glim­lag M­mu­si Mai­ma­ne op ’n ver­kie­sings­plak­kaat.

Sy naam is Si­bu­si­so en hy is al­mal se kind. Hy gaan Pos­kan­toor toe om te hoor of sy Lot­to­kaart­jie van laas­week nie dalk die wen­kaart­jie was nie. Daar­na vul hy ’n nu­we een in en oor­han­dig dit aan die kas­sie­re, wat dit la­ter stil­le­tjies in die snip­per­mand­jie gooi. Hy be­taal nooit, hy wen nooit.

El­ke plat­te­land­se dor­pie het ’n Si­bu­si­so, el­ke gro­ter dorp het meer as een, en in die ste­de is daar se­ker baie Si­bu­ si­so’s, maar ek weet nie of die men­se hul­le daar ook op die naam ken nie. Si­bu­si­so’s leef op die rand van die ge­meen­skap. Si­bu­si­so’s pas nie reg­tig in nie. Si­bu­si­so’s is grens­men­se son­der wie die rat­te van ’n ge­meen­skap maar

krap­pe­rig draai. Hul­le is in­di­vi­due wat el­ke in­wo­ner van daar­die dorp dwing om na bin­ne te kyk en na bui­te te voel. Si­bu­si­so is elk­een en al­mal se kind.

OP DIE BUURDORP bly ook ’n man met ’n naam wat ek nie ken nie. Hy het wil­de grys ras­ta­lok­ke waar­in vo­ël­ve­re ge­druk is. Win­ter en so­mer dra hy ’n vol­leng­te ge­skeur­de jas. Hy staan voor die su­per­mark, hy loop langs die trein­spoor, hy sit voor die bank, hy vee met sy bon­del­tjie tak­ke daar by die taxi- rank rond. Hy praat graag en kan die he­le ge­skie­de­nis van ko­nin­gin Vic­to­ria vir jou ver­tel as­of hy haar bloed­neef is. Ie­mand sê hy skryf ge­dig­te op stuk­ke kar­ton. Hy is ’n ge­leer­de man, maar hy gaan slaap nie hon­ger nie, want hy is elk­een se kind. En sou die po­li­sie per­dalks na ’n ge­steel­de kar soek, kan hul­le maar vir hom gaan vra daar waar hy die dag ge­sit het, want dis sy self­op­ge­leg­te taak om el­ke mo­tors e re­gis­tra­sie­nom­mer nou­keu­rig op ’n stuk kar­ton neer te skry­we.

Hy is ’n be­lang­ri­ke man op die dorp, maar nie so be­lang­rik soos Pyp­man nie. Pyp­man bly in ’n storm­wa­ter­pyp aan die bui­te­wy­ke waar boer­vroue met groot 4x4’s vroe­mô­re on­be­wus­te­lik oor hom jaag om die kin­ders be­tyds by die skool te kry. Pyp­man is jonk en dra ’n hemp wat hy van ’n kuns­mis­sak ge­maak het. Hy kan nie praat nie. Sy een oog kyk vir jou, die an­der oog kyk vir die wol­ke en lyk as­of dit ’n wa­ter­drup­pel in het.

Kom die so­mer en die wol­ke bly weg, be­gin die boe­re na Pyp­man soek. Die ooms vra vir die an­der ooms op die ko­ö­pe­ra­sie­stoep of ie­mand al vir Pyp­man ge­sien het. Waar is Pyp­man? Is Pyp­man in die pyp of het hy al uit­ge­klim? Sien ie­mand vir Pyp­man bui­te die pyp, bel die boe­re hul­le sel­fo­ne pap. Die re­ën kom, want Pyp­man is uit die pyp. Die te­le­vi­sie­weer­man kan sê wat hy wil, maar die een wat wéét, is Pyp­man. Pyp­man kry kos, hy kry kle­re, hy is elk­een se so­mers­kind, want die re­ën kom en voor die droog­te nie ge­breek is nie, moet hy as­se­blief tog nie weer in daai pyp klim nie.

In die win­ter ont­hou die boe­re soms vir Pyp­man en vat vir hom warm goed en kos daar waar hy in die pyp teen die koue skuil. Hy is be­lang­rik, hy is die stom ko­ning, hy is am­per self die re­ën­ma­ker.

In die Ka­la­ha­ri was dit weer Gem­mer­kat en Fai­ry – en ou Gert, Gem­mer­kat se pa. Dié drie het ek lief­ge­had, maar die groot­ste van die drie en die een wat ek die lief­ste ge­had het, was Gem­mer­kat, die een met die mooi­ste mooi “smi­le op sy di­al”. Die een wat ’n mens vir los wer­kies kon roep, die een wat y­we­rig met sy ge­rook­te lyf en rooi muis­fie­fol-o­gies kom help het om die cei­ling in die kom­buis te verf.

Hul­le was on­af­skeid­baar, Gem­mer­kat en Fai­ry. Son­dae het elk­een ’n bord kook­kos ge­kry. Die kind moes hul­le gaan soek in A­skham se e­nig­ste ge­teer­de straat, dalk on­der die pe­per­boom by die pe­trol­pom­pe. Hul­le werk was om my uit my maag te laat lag, my brie­send kwaad te maak, my hart saf van lief­de te maak en te help ont­hou dat ’n mens nie baie no­dig het om die klein en mooi raak te sien nie.

Ou Gert het sy laas­te a­sem uit­ge­blaas nie lank nie na­dat ek hom op die gras voor die huis ge­kry het waar hy smoor­dronk ge­lê en tiep het. Gem­mer­kat is la­ter dood – vre­ten­de te­ring, het hul­le ge­sê. Fai­ry is daar weg, glo op ’n plaas gaan werk. Die men­se mis hul­le. Hul­le praat oor ver­al Gem­mer­kat se ge­vat­te sê­goed, sy be­skry­wings van men­se. As ek ná maan­de se af­we­sig­heid weer op A­skham land, soek my oë steeds na Gem­mer­kat, al wil ek nie. Hy was elk­een se kind, maar ook nie­mand se kind nie – nie eens ou dronk Gert s’n nie.

DIE STO­RIE VAN DIE STUK of se­we kar­wag­te op U­ping­ton moet ek ten kos­te van my­self ver­tel. ’n Mens kry mos tat­toos en dan kry jy tronk­tat­toos... die ver­skil lê in die ink se blou bloei. Die self­aan­ge­stel­de kar­wag­te in ’n straat op U­ping­ton het van die twee­de soort tat­toos ge­had...

Die dag toe ek 35 word en my­self y­we­rig en vry­wil­lig in die arms van self­be­jam­me­ring werp, be­sluit twee vrien­de dit is tyd dat hul­le my en my seun­tjie weg­neem vis­wa­ters toe. Ek kan lees en ver­geet ek word oud. Hy kan vis­vang en my uit­los.

Ons s­top op U­ping­ton om vis­vang­goed te koop. Die vrien­de doen die koop­werk en los my en die kind in die kar. Ek lek te lek­ker aan my won­de toe Tronk­vo­ël 1 skie­lik by die ven­ster praat en ’n “blou sent” vra. My ver­ergd­heid was on­mid­del­lik en vies­lik en deur­spek met f-woor­de: “En ek ver­jaar van­dag en is nie lus vir jou k— nie!” Ek het som­mer be­gin tjank en nie eens ge­sien die ou laat spaan­der nie.

En toe ek weer sien, staan hul­le daar, se­we tronk­vo­ëls wat sing: “Hêp­pie bi­rf­day to you, hêp­pie bi­rf­day to you, hêp­pie bi­rf­day de­ar mer­rie, hêp­pie bi­rf­day to you!” En die een hou twee room­y­se na ons uit: “Een vir die bi­rf

day gi­rl en een vir die ou seun­tjie.” Hul­le is elk­een se kind, maar daai dag was ek húl­le kind. Jou beurt is jou beurt. Die Si­bu­si­so’s, die ou man­ne met ve­re in hul­le ras­ta­lok­ke, die Pyp­man­ne, die Gem­mer­kat­te, die los­ge­la­te tronk­vo­ëls. Grens­men­se. Ons dink hul­le kan nie son­der ons nie, maar eint­lik kan ons nie son­der hul­le nie.

‘Kom die so­mer en die wol­ke bly weg, be­gin die boe­re na Pyp­man soek. Waar is Pyp­man? Is Pyp­man in die pyp of het hy al uit­ge­klim?’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.