Jou tuin as te­ra­peut

Weg! Platteland - - News -

Hul­le sê tuin­maak is aan­sien­lik goed­ko­per as ’n te­ra­peut – en op die koop toe is jy saam met dié ho­pe­lik lig­ter len­te­ge­moed ’n vrag son­ryp ta­ma­ties of bos­sie vars ba­si­lie­bla­re ry­ker.

Ver­der word be­weer tuin­werk ver­laag jou ri­si­ko op ’n be­roer­te, hart­siek­tes, hoë bloed­druk, os­te­o­po­ro­se, de­men­sie of di­a­be­tes; dit ver­sterk jou im­muun­stel­sel; en dank­sy My­co­bacte­ri­um

vac­cae, ’n ska­de­lo­se bak­te­rie wat in grond voor­kom en die af­skei­ding van se­ro­to­nien be­vor­der, help dit in baie ge­val­le om stres, angs­tig­heid en daar­die el­ke-dag-is-blou-maan­dag-ge­voel in die bek te ruk. Die slim men­se van die A­me­ri­kaan­se Cen­ter for Di­se­a­se Con­t­rol and P­re­ven­ti­on gaan so ver as om te ver­klaar 30-45 mi­nu­te tuin­werk rof­weg drie keer per week is net sul­ke goeie oe­fe­ning as dít wat daar­die swe­ten­de, swet­sen­de vleis­pa­lei­se kry wat drie keer per week in ’n be­dom­pi­ge gim­na­si­um drie keer hul­le mol­li­ge skoon­moe­der se ge­wig bo hul­le kop uit­stoot.

Maar goed, laat ons nou ook nie só hoog raak op die My­co­bacte­ri­um vac­cae dat ons nét mooi brood­jies bak nie: Net soos huis­werk kan se­ke­re tuin­ta­ke, ver­naam on­kruid uit­trek, om ’n gat vir ’n boom te spit, die kom­pos­hoop om te dol­we en dooie blom­knop­pe uit te knip, bra ver­ve­lig wees – ie­der ge­val een­to­nig ge­noeg om te dink te hel met die vi­ta­mien D en die oe­fe­ning; dit sal veel lek­ker­der wees om met ’n bak kra­ke­ri­ge snoep­goed voor die te­le­vi­sie of re­ke­naar te lê en vet­re­ser­wes op­bou.

Ui­t­ein­de­lik gaan ’n tuin nie oor hoe groen jou vin­gers is nie. Dit gaan e­wen­eens nie oor hoe “goed” dit vir jou is om een in die sweet van jou aan­ge­sig te ont­werp, plant en in stand te hou nie. Nee, ’n tuin gaan oor die lou­te­re ple­sier om met Moe­der Na­tuur en haar sei­soe­ne as jou bes­te bond­ge­no­te ’n pri­va­te pa­ra­dys te skep waar jy kan ver­geet die wê­reld is ’n wre­de, on­reg­ver­di­ge, droog­te­ge­teis­ter­de plek. Dit gaan daar­oor om jou­self, jou oë en jou ge­moed op tuis­ge­maak­te te­ra­pie te trak­teer. En daar is geen be­ter dag vir dié ple­sie­rig­heid as 15 Ok­to­ber, Na­si­o­na­le Tuin­dag, nie. Lees op bl. 10 meer oor dié dag wat van­jaar ’n twee­de keer ge­hou word en laat weet ons wat jy gaan doen – daar is ’n lek­ker ge­skenk­pak van Ba­by­lon­sto­ren op die spel (kyk op bl. 11).

Lek­ker ont­waak uit die win­ter­slaap!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.