DOEN ’N KURSUS

Weg! Platteland - - Nuus & Dagboek -

MAAK KAAS OF KERSE

TONTELDOOS (M­pu­ma­lan­ga) 8-10 Sep­tem­ber (kaas) & 3-5 No­vem­ber (kerse)

Leer kaas en jo­gurt maak saam met Ca­ri­ke de Vil­liers van Craf­ty Cul­tu­res, of laat Deb­bie en Ina van Fun with Cand­les jou wys hoe jy jou eie kerse kan op­to­wer. Die werk­ses­sies is by F­lint­lock Gran­ge en sluit in e­tes, dran­kies, ver­blyf en toe­rus­ting.

BESPREKINGS flint­lock­gran­ge@gmail.com 082 259 3496 (He­len Mal­her­be)

PERMAKULTUUR

RAWSONVILLE (Wes-kaap) 29 Sep­tem­ber-1 Ok­to­ber, 27-29 Ok­to­ber en 1-3 De­sem­ber

Wil jy graag jou eie groen­te kweek en die ba­sie­se be­gin­sels van permakultuur on­der die knie kry? Laat Ko­bus K­rit­zin­ger (lees sy ar­ti­sjok­sto­rie op bl. 88) jou in een na­week prak­ties tou­wys maak. PRYS R1 200 p.p. (2 mid­dag­e­tes in­ge­sluit). BESPREKINGS per­ma­cul­tu­re­de­sign.co.za ko­bus@per­ma­cul­tu­re­de­sign.co.za

BE­GIN ’N GROEN­TE­TUIN

BAINSVLEI, BLOEMFONTEIN (Vry­staat) 21 Ok­to­ber

Ppp-saai­lin­ge se prak­tie­se groen­te­tuin­werk­ses­sie sal jou toe­rus met al­les wat no­dig is om ’n pro­duk­tie­we groen­te­tuin te be­gin. Kur­sus­gan­gers kry ’n saai­ling­laai met 200 plant­jies.

BESPREKINGS ppp­saai­lin­ge@vo­da­mail.co.za 051 451 1511 of 079 391 2556

GANSBOERDERY

STEYTLERVILLE (Oos-kaap) 23 & 24 No­vem­ber

Leer by Ge­or­ge Cra­ven van die plaas Noor­s­poort hoe om – ho­pe­lik wins­ge­wend! – met gan­se te boer. BESPREKINGS in­fo@noor­s­poort.co.za

VAN BYE EN KRUIETOT SLAAIBLARE

PAARL (Wes-kaap)

Ken­ners van Ba­by­lon­sto­ren bui­te die Paarl bied oor die vol­gen­de maan­de tal­le prak­tie­se een­dag­werk­ses­sies op die plaas aan. El­ke ses­sie kos R600 (mid­dag­e­te in­ge­sluit) en duur van 10:00 tot 16:00.

• 13 Sep­tem­ber | ASPERSIES Kom leer saam met Lie­sl van der Walt hoe om jou eie aspersies te kweek voor die sjefs ge­hei­me deel om in die kom­buis daar­mee te toor.

• 20 Sep­tem­ber | BOSLELIES Die cli­vi­a­spe­si­a­lis Hei­nie Hey­den­rych gaan jou wys hoe om dié ska­du­lie­wen­de plan­te te kweek en ge­luk­kig en ge­sond te hou. (Jy kry ook ’n plant om saam te vat huis toe.)

• 11 & 18 Ok­to­ber | HEUNINGBYE Leer meer oor bye, in­spek­teer kor­we en vind uit van wat­ter plan­te hul­le hou.

• 25 Ok­to­ber | KRUIE Kom ruik, proe en leer hoe om kruie te ge­bruik. Daar word ook steg­gies ge­sny en ’n geu­ri­ge rui­ker­tjie ge­maak wat jy kan saam­vat huis toe.

• 20 No­vem­ber | SOMERSLAAIE Tia Cus­den, ’n or­ga­nie­se tui­nier van So­mer­set in En­ge­land, gaan jou wys hoe om self slaai te kweek in bed­dings wat jy nooit om­spit nie.

BESPREKINGS ba­by­lon­sto­ren.com (klik op “Works­hops” bo) 021 863 3852

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.