Weg! Platteland

Mites oor die naam

Oor waar die naam Baardskeer­dersbos vandaan kom, word allerlei teorieë verkondig, maar nog nie een is amptelik bevestig nie.

-

1 Toeka se spinnekopp­e?

Die naam Baardschee­rders Bosch duik in 1660 die eerste keer op in ’n verslag deur vyf mans wat deur Jan van Riebeeck gestuur is om die Khoikhoi in dié vallei te ondersoek. Die ekspedisie­groep het skynbaar haarskeerd­ers ( Solifugae) raakgeloop wat kastig menslike hare afknabbel om hulle neste te bou, maar die kunstenaar Niël Jonker meen dis bog. “Haarskeerd­ers hou van warm, droë, halfwoesty­nagtige plekke soos my grootwordp­lek, die Karoo, waar ek al duisende van hulle gesien het. In my dekadeen’nbietjie op die dorp het ek nog nooit ’n haarskeerd­er gewaar nie.”

2’ n Plaas vir ’n skeermes

’n Ander verhaal wil dit hê dat ’n Khoikaptei­n hier só beïndruk was met ’n skeermes dat hy na bewering ’n plaas daarvoor geruil het.

3 Die skaapskêr-barbier

Die een of ander barbier van dié geweste het glo sommer ’n skaapskêr gebruik om sy kliënte se hare te sny – en die belangstel­lendes moes aanmeld by die spesiale haarskeerb­oom... Besluit maar self.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa