MARIETJIE UYS

Eie­naar, Marietjie’s Pub & G­rill

Weg! Platteland - - My Dorp -

Marietjie, ’n ge­bo­re en ge­toë B’bos­ser, sê sy is die laas­te ba­ba op die dorp wat deur ’n vroed­vrou ge­vang is. Haar pa, wat sy le­we lank óf op die trol­skui­te sar­dy­ne en an­sjo­vis ge­vang óf op hul­le plaas, Rem­hoog­te, ge­boer het, het ’n bie­tjie meer as twee de­ka­des ge­le­de siek ge­word en die plaas oor­ge­gee aan Marietjie se twee broers, wat van­dag nog daar boer met on­der­skei­de­lik melk­bees­te, en broc­co­li en skaap.

Marietjie het geen on­der­vin­ding van die re­stau­rant­be­dryf ge­had toe sy ná haar pa se dood in 2000 drie jaar lank die be­stuur van die S­trand­veld Pub in die bo­dorp oor­ge­neem het nie. T­waalf jaar ge­le­de het sy ’n huis in die hoof­straat ge­koop en be­gin re­stou­reer met die i­dee om haar eie re­stau­rant daar oop te maak.

Van­dag, am­per 11 jaar la­ter, is Marietjie’s Pub & G­rill waar­skyn­lik die be­dry­wig­ste plek op B’bos waar jy lank­al nie meer oor na­we­ke son­der ’n be­spre­king kan in­draf en aan­sit vir iets te ete nie. Die por­sies hier laat die oë rek, maar, sê Marietjie, “die boe­re­ge­meen­skap is mos groot e­ters wat jy nie kan in­doen nie en eer­der moet dood­gooi met kos”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.