Weg! Platteland

CALLIE & MARIANA LINDES

Eienaars, Strandveld Pub, Restaurant & Functions

-

Callie en Mariana, voorheen van Somerset-wes, is sekerlik twee van B’bos se gasvryste inwoners wat hulle vakansiepl­ek op Velddrif verkoop en 5½ jaar gelede sak en pak hierheen getrek het – dis nou nadat hulle tender aanvaar is om die huurkontra­k van dié kroeg-en-kuierplek in die bodorp oor te neem.

“Aan die begin het dit maar ’n bietjie geknor... ons was mos inkommers en so aan, maar as jy eers die mense leer ken en inskakel, aanvaar selfs jou vyande jou naderhand,” sê Callie terwyl hy aan die kop van hulle kombuistaf­el ’n bak deeg knie wat hulle later as plaasbrood saam met die gebraaide snoek en patats gaan voorsit.

“Die eerste mens wat ons hier ontmoet het, was tannie Mara se oorle’ man, oom Manie Groenboont­jie. Hier is mos so baie Groenewald­s en Fouries en De Wets dat almal maar ’n bynaam kry,” sê Mariana. “Dis een van die hoofredes waarom ons so gelukkig is hier: want die ménse is so lekker.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa