LAINY & STANLEY CARPENTER

Eie­naars van Lo­kal in B’bos

Weg! Platteland - - My Dorp -

Lainy en Stanley woon eint­lik op De Kel­ders, maar be­sit al ge­rui­me tyd drie aan­gren­sen­de er­we op Baardskeerdersbos waar hul­le ’n paar jaar te­rug vir hul­le ’n “weg­kom­plek” son­der E­s­kom­krag ge­bou het met die ge­dag­te om een­dag vol­tyds daar te kom woon. Dié lief­li­ke huis word nou een maal per maand as ’n “pop-up”-re­stau­rant be­dryf waar jy van Die Werf se wyn kan proe wat deur Lainy se pa, Al­bert Swart, op hul­le plaas bui­te die dorp ge­maak word.

“Al­les wen­tel om die drie groen­te­tui­ne wat ons hier be­gin het om vars be­stand­de­le vir ons­self, die gas­te­huis en die re­stau­rant te kweek,” ver­tel Stanley. “Dis ’n eks­pe­ri­ment en ’n mens leer die heel­tyd, want dis een ding om te sê jy wil weet waar jou kos van­daan kom, maar ’n an­der ding om ’n groot ver­skei­den­heid goed self te kweek, ge­ïn­te­greer in die na­tuur, en son­der e­ni­ge gif­stow­we.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.