Weg! Platteland

SUZI HOLTZHAUSE­N

Sjef en grondeiena­ar

-

Suzi het haar eie kookskool in Johannesbu­rg gehad voordat sy 14 jaar gelede Weskus toe getrek en die restaurant Gaaitjie op Paternoste­r oopgemaak het. (Die restaurant is intussen verkoop en sy kook nou Dinsdagaan­de by haar huis.)

’n Ontmoeting met Stanley en Lainy Carpenter, wat die Lokal-restaurant­perseel op Baardskeer­dersbos besit, het daartoe gelei dat Suzi sedert Desember 2015 elke maand ’n week lank op B’bos kom kuier en oor die naweek saam met die Carpenters ’n “pop-up”-restaurant bedryf. Die spyskaart, wat elke maand anders is, word gedikteer deur die seisoene en wat in die restaurant se groentetui­ne beskikbaar is.

Nou het Suzi ’n erf gekoop op die dorp. “Ek is verslaaf aan die Weskus,” sê sy, “maar as sjef bekommer dit my dat daar op Paternoste­r nie meer seekos oor is nie. En vir enigiets wat jy wil kweek, moet jy eers ’n windskerm bou.”

Die gehalte en verskeiden­heid van die vars, organiese bestanddel­e – van vleis tot sampioene – in die Baardskeer­dersbos-omgewing verras haar telkens, om nie eens te praat van die magdom mense met spesialisk­ennis nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa