Fiet­se... en meer

Weg! Platteland - - Foto Essay -

Beau­fort-wes is vir twee­de­hand­se meu­bels wat We­sto­na­ria vir die Fran­se kook­kuns is. By die twee meu­bel­win­kel­tjies op die dorp kry jy net be­kos­tig­ba­re spaan­der­bord­kle­re­kas­te vir die­ge­ne wat nie El­le­ri­nes se kre­diet­keu­ring slaag nie.

Ons gaan soek eer­der ’n fiets­win­kel om my seun Chris­ti­aan se fiets te laat her­stel. En daar in Bi­rd­straat kry ons dit: MC El­lis-fiet­se, een van daai plek­ke waar jy e­nig­iets van ’n hang­slot, nies­poei­er en ’n trom­pie tot ’n O­ka­pi­mes, haas­rek vir jou ket­tie en ’n bom- crac­ker kry.

Vyf­tig jaar se fiet­se staan die spa­sie vol. Die res hang uit die dak.

Die eie­naar, Tim El­lis (fo­to on­der), be­duie ons met die hout­trap op na die boon­ste ver­die­ping. Hier tref ons ’n ver­sa­me­ling ka­pot stoe­le aan plus ’n ra­di­o­gram, ’n ou stof­sui­er, ’n lot o­lie­kan­ne­tjies en ’n doods­kis.

Ons stel meer be­lang in die drie e­mal­je-ad­ver­ten­sie­bor­de op die on­der­ste ver­die­ping – een van hul­le ver­klaar MC El­lis as die ge­mag­tig­de ver­ko­per van Re­gal Cy­cles. Ma­griet vis by Tim of hy dalk van die bord­jies sal wil ver­koop, maar dis gou dui­de­lik hy is ver­knog daar­aan.

Dan blaas ons maar die af­tog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.