Te­rug na die tom­bo­la­ta­fel…

Weg! Platteland - - Foto Essay -

Ons land op ’n Sa­ter­dag­mid­dag op A­ber­deen. In die stra­te ru­moer dit: Die ANC het pas ’n plaas­li­ke ver­kie­sing­saam­trek af­ge­sluit en ’n me­nig­te men­se – al­mal met ’n pak­kie van die­self­de weg­neem­hoen­der! – loop met blink vin­gers rond.

Ons vind ook die eer­ste ou­ten­tie­ke twee­de­hands­meu­bel­win­kel. The W­hi­te E­lep­hant, wat be­hoort aan Liz en Pat van der Mer­we (fo­to regs), voor­heen van Port E­li­za­beth, is ge­leë in die ou bi­o­skoop nef­fens die NG kerk­ge­bou.

Dis En­gel­se Van Der Mer­wes dié. Die bi­o­skoop, ver­tel Liz, het ’n ge­skie­de­nis. Dit is al be­sit deur die NG kerk, die Wil­kie­ge­sin (van Bos­well Wil­kie­sir­kus­faam) én ’n vo­ri­ge spul (A­fri­kaan­se) Van Der Mer­wes.

“Toe ons die plek ge­koop het, was daar nog drie long­drops bui­te vir die swart wer­kers wat des­tyds na die bi­o­skoop toe ge­kom het. Hul­le mog nie in die bi­o­skoop ge­sit het nie, jy weet; hul­le moes ag­ter in die pro­jek­tor­ka­mer­tjie gaan staan en kyk,” ver­tel Liz in ’n En­gels wat ie­wers tus­sen Lon­den en Oos­lon­den lê.

My A­me­ri­can Pic­kers­vrees is vir die oom­blik be­sweer. Hier is ’n giet­ys­ter­hos­pi­taal­ka­tel­tjie met hou­ding, ’n ron­de Art De­co­rak­cum­kof­fie­ta­fel, en Ma­griet raak in ver­voe­ring oor ’n pers ge­he­kel­de bed­sprei wat my on­mid­del­lik te­rug­vat na die tom­bo­la­ta­fel by ’n stad­saal­ba­saar in 1974.

My oor­deel tel eg­ter nie hier nie, want ge­he­kel­de kom­ber­se is dees­dae glo all the ra­ge. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.