Kyk, doen, eet en slaap

Weg! Platteland - - Kom Kyk Nou! -

Ga­riep­dam en Nor­vals­pont Dam­wal­toe­re

Kom be­kyk die dam se bin­ne­wer­ke van na­der – jy gaan tot bin­ne-in die dam­wal, waar jy kan sien hoe werk die kom­plek­se sluis- en vloed­stel­sels. Dis ’n be­le­we­nis, maar dalk nie vir jou as jy aan eng­te­vrees ly nie. 051 754 0001 of 082 803 7931

Kas­kar­wed­ren

Hier­die jaar­lik­se by­een­koms van kas­ka­ren­toe­si­as­te is be­son­der ge­wild on­der “ren­ja­ers” én toe­skou­ers. Die ka­rak­ter­vol­le kar­re­tjies haal lag-lag snel­he­de van tot 80 km/h op die af­draan­de tus­sen dam­wal en dorp. Dit word jaar­liks die laas­te na­week in Sep­tem­ber ge­hou. E­nig­ie­mand kan in­skryf.

082 326 5714 (Deb­bie) ga­riep­dam.com

Ga­riep-na­tuur­re­ser­vaat

Dié spog­ge­ri­ge re­ser­vaat net bui­te die dorp, wat by­kans 180 km2 be­slaan, is ’n moet vir wild­ky­kers. Hier kom ’n mens van die groot­ste s­pring­bok- en blou­wil­de­beestrop­pe in die Vry­staat teë. Bly in ga­we cha­lets of kam­peer­ge­rie­we reg teen­aan die wa­ter. Volg die bord­jies uit Ha­merk­op­straat.

051 754 0026

Qu­en­na-fees

Dié jaar­lik­se bui­te­lug­op­skop, met ak­ti­wi­tei­te soos ’n pret­draf, vis­vang, en ’n sterk­man­kom­pe­ti­sie, is vet pret. Dit word die laas­te na­week in Fe­bru­a­rie by die Fo­re­ver-oord ge­hou en ’n ver­skei­den­heid gas­kuns­te­naars sal op­tree.

051 754 0045 ga­riep­dam.com

T­jai­la­tyd

By hier­die ga­we re­stau­rant kan jy ont­byt, mid­dag- en aand­e­te (met ’n Kaap­se wyn­tjie daar­by) ge­niet. Die pry­se is bil­lik, en hier’s e­nig­iets van piz­za tot ste­ak. Ba­ber is da­rem nie op die spys­kaart nie. Langs die OK op die R33. 051 754 0190

De S­ti­jl-ho­tel

Net die uit­sig­te van dié spog­ho­tel se stoep af maak dit die moei­te werd. Die plek sit hoog teen die rant­jie bo die dorp en het ’n styl­vol­le re­stau­rant en kroeg. Die ver­blyf is nie juis sak­pas­pry­se nie, maar ’n sun

do­w­ner is ’n moet. 051 754 0060

Was­chbank

Hier­die ri­vier­oord lê teen die Vry­staat­se oe­wer van die Oran­je­ri­vier. Jy kan kies tus­sen ’n ruim ka­mer of cha­let, en daar is selfs ten­te. Hier’s ’n re­stau­rant waar jy reg teen die wa­ter kan stoep­sit. Op die R701, net voor die staal­brug Nor­vals­pont se kant toe, staan die bord­jie links. 072 474 7465

Glas­gow Pont-ho­tel

By hier­die sta­ti­ge ou ho­tel kan jy goed­koop oor­slaap (selfs troe­tel­die­re is wel­kom), ’n dop drink in die kroeg, en El­mien se wa­ter­tand Ka­rool­am pro­beer. Of jou som­mer net ver­gaap aan die be­ko­ring van die plek. Hoof­straat, Nor­vals­pont. 051 755 5010

Bur­gers­dorp Mu­seum

Hier kan jy al­les oor die dorp se ry­ke ge­skie­de­nis te we­te kom. Stap deur re­kon­struk­sies van ’n kom­buis, sit- en stu­deer­ka­mer uit die 19de eeu, en ver­kyk jou aan die ver­sa­me­ling s­tok­ou ge­we­re in die wa­pen­ka­mer. Hier’s selfs ’n bui­te­ge­bou met ’n spaai­der-ry­tuig on­der die af­dak. Die mu­seum dien ook as toe­ris­me­bu­ro. Piet Re­tief­straat. 051 653 1738

bur­gers­dorp-mu­seum.za.net

Bur­ger­plein en blok­huis

Gaan kyk op Bur­ger­plein in die mid­del van die dorp na die taal­mo­nu­ment en die ge­denk­ste­ne vir die Boe­re­oor­log en St­rug­gle. Die staal­deur van die ou B­rit­se blok­huis is ge­sluit, maar dis steeds ’n be­soek werd. Bur­ger­plein is in Piet Re­tief­straat; vir die blok­huis moet jy uit die­self­de straat links draai op ’n grond­paad­jie aan die bo­punt van die dorp. 051 653 1738

So­mer­fees

Dié jaar­lik­se fees word in Ok­to­ber op die skool­ter­rein ge­hou. Ak­ti­wi­tei­te sluit in kos­stal­le­tjies, skyf­skiet, mu­siek en ’n Mej. So­mer­fees­kom­pe­ti­sie. Bel die toe­ris­me­bu­ro vir meer in­lig­ting. 051 653 1738

Ha­gen­huis

’n Mens kan lek­ker tus­sen die win­kel se snuis­te­rye rond­snuf­fel – jy sal e­nig­iets van kle­re en de­kor tot rooi­wyn en boer­be­skuit vind. Daar’s ook ’n ga­we eet­plek met ’n keu­ri­ge spys­kaart... en in die win­ter maak hul­le ’n ge­sel­li­ge kag­gel­vuur. Piet Re­tief­straat. 051 653 0968

Bi­rd Ha­ven-gas­te­huis

Dié sta­ti­ge ou wo­ning met sy pragtuin is in ’n ge­rief­li­ke gas­te­huis om­skep. Jy het mooi uit­sig­te oor die dorp, gra­tis wi-fi en, teen ’n iet­sie ek­stra, ’n ste­wi­ge ont­byt. Goeie waar­de vir geld. An­dries Ven­ter­straat.

051 653 1828

De S­ti­jl-ho­tel, Ga­riep­dam

Bur­gers­dorp-mu­seum

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.