Weg! Platteland

Agtdaegene­esbos

Lobostemon­fruticosus

-

Ander name Douwurmbos, pleisterbo­s (Afrikaans); pajama bush, eight-dayhealing-bush (Engels)

Agtdaegene­esbos is ’n snelgroeie­nde immergroen struik wat in die fynbos van die Wes-kaap voorkom waar die somers lank en droog is met min tot geen ryp nie. Soos te wagte skrik hy nie vir droogte, soutsproei, sand, min water of wind nie. Die oumense, wat geglo het die plant kan ’n wond binne agt dae genees, het gewoonlik die blare gekou tot dit taai is en dan soos ’n pleister oor ’n wond gesit – vandaar die volksnaam pleisterbo­s. Die stam en blare is oortrek met fyn haartjies wat dit ’n silwergrys voorkoms gee, en van die vroeë lente tot die somer is dit oortrek met trompetvor­mige blomme in skakerings van pienk en blou.

Medisinale gebruike Die Khoi-khoi, setlaars en Maleise slawegemee­nskap het ’n tee van die blare gebrou wat glo korte mette gemaak het van ringwurm, terwyl die vars blare saam met verskillen­de ander plante in salwe gebruik is om onder meer ekseem, wonde en sifilis te behandel.

Kweek dit self Plant agtdaegene­esbos in volson en sanderige grond wat uitstekend dreineer. Omdat die plante gou houterig raak (en baie minder blom), moet jy dit terugsnoei nadat dit saadgeskie­t het – jy sal dit ná 6-10 jaar heeltemal moet vervang. Die plante kan van vars saad of steggies gekweek word, maar kan wispelturi­g wees – as jy gelukkig is, saai die plante hulleself.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa