Blom met ’n hart­klop

Ar­ti­sjok­ke bly maar een van die lente se groot vreug­des – of jy nou be­sluit om die heer­li­ke voed­sa­me hart van die blom­knop te eet of dit te los om skou­spel­ag­ti­ge pers sprie­te uit te stoot. En die bes­te nuus? Dié vry­ge­wi­ge plan­te verg veel min­der aan­dag as

Weg! Platteland - - Medisinale Plante - TEKS EN FO­TO’S KO­BUS K­RIT­ZIN­GER

Met sy sil­wer­groen bla­re en diep ver­steek­te hart is die eg­te ar­ti­sjok ( Cyn­a­ra sco­ly­mus, in En­gels glo­be ar­ti­cho­ke) waar­skyn­lik een van die in­ti­mi­de­rend­ste én mees on­der­skat­te meer­ja­ri­ge groen­te­soor­te. Dit lyk dalk na moei­te om dit te oes, voor te be­rei en gaar te maak, maar as jy tyd, die reg­te ge­reed­skap en ons raad op bl. 100 het, sal jy gou be­sef hoe­kom die Fran­se en I­ta­li­a­ners ver­slaaf is aan dié groen­te.

Die ver­haal van die ar­ti­sjok is boei­end: Zeus, ko­ning van die G­riek­se go­de, het glo sy broer Po­sei­don, god van die see, be­soek toe hy ’n vrou op die strand ge­waar. Zeus was in ver­voe­ring oor haar sta­tig­heid en krag, maar ook haar lig­grys ha­re met tur­koois stre­pe daar­in. Haar naam was Cyn­a­ra. Zeus kon haar nie weer­staan nie en hy het haar saam met hom te­rug­ge­neem na berg O­lim­pus. Hy sou Cyn­a­ra net be­soek wan­neer sy vrou, He­ra, weg was. Maar Cyn­a­ra het hart­seer ge­word; sy’t die sterf­lin­ge ge­mis wat sy ag­ter­ge­laat het. Toe haar een­saam­heid on­draag­lik raak, het sy be­sluit om te­rug te keer aar­de toe. Toe Zeus ont­dek sy het hom ver­laat, was hy woe­dend, en as straf het hy haar in ’n plant verander, een wat net so mooi en sterk is soos sy: die ar­ti­sjok. >

Dit is moont­lik dat die we­ten­skap­li­ke naam van ar­ti­sjok­ke, Cyn­a­ra sco­ly

mus, af­ge­lei is van dié tra­gie­se fi­guur. Dit is een van die oud­ste groen­te­soor­te wat ge­kweek word, en die mens het al lan­ger as 3 000 jaar ’n ver­hou­ding met dié ver­ruk­li­ke dis­tel.

Dit het glo in Noord-a­fri­ka ont­staan waar die E­gip­te­na­re dit me­di­si­naal ge­bruik het om spys­ver­te­ring te ver­be­ter – ver­al om die le­wer te rei­nig ná oor­daad. Die vroeg­ste re­kords toon dis die eer­ste keer in Si­ci­lië ge­kweek. Die I­ta­li­a­ners het ’n groot lief­de ont­wik­kel vir wat hul­le car­ci­o­fi noem – aan­vank­lik ’n skaars lek­ker­ny wat net deur die ry­kes ge­niet is. Van I­ta­lië af het dit na die res van die Me­di­ter­reen­se streek en Eu­ro­pa ver­sprei.

Die Eu­ro­pe­ërs ge­bruik eeue al ar­ti­sjok­ke as ’n na­tuur­li­ke plaas­ver­van­ger vir ren­net as stol­mid­del wan­neer hul­le kaas maak. Die re­sul­taat is ’n sag­te kaas met ’n aan­ge­na­me, ef­fens bit­ter geur. Ka­se waar­in ar­ti­sjok ge­bruik word, word tot van­dag toe in die Me­di­ter­reen­se streek – ver­naam S­pan­je en Por­tu­gal – ge­maak.

Kweek dit self

As ’n mens in ag neem hoe mak­lik dit is om ar­ti­sjok­ke te kweek, is dit glad nie ’n ver­ras­sing dat hul­le in al hoe meer tui­ne ver­skyn nie – ook hier in SuidA­fri­ka. En as jy nie eint­lik ’n groen­te­tuin­ma­ker is nie, sal ’n ar­ti­sjok­plant of drie ook in die voor­tuin werk.

’n Vin­ni­ge aan­lyn­soek­tog toon drie kul­ti­vars is ge­re­de­lik be­skik­baar hier by ons. Ge­wo­ne ar­ti­sjok­ke (of dan ‘G­reen Glo­be’) is by die mees­te kwe­ke­rye be­skik­baar, ter­wyl ‘Pur­ple Ro­mag­na’ en ‘Vi­o­let de Pro­ven­ce’ by som­mi­ge aan­lyn­saad­ver­skaf­fers te koop is. ‘Pur­ple Ro­mag­na’ word aan­be­veel vir plek­ke met ’n war­mer kli­maat.

Die reg­te plek

SON­LIG Ar­ti­sjok­ke vaar die bes­te op ’n son­ni­ge, be­skut­te plek wat nie in die so­mer ko­kend warm word nie en in die win­ter ma­tig is. Ter­self­der­tyd is die vol­was­se plan­te vol­ko­me ryp­be­stand – hul­le be­hoort in die groot­ste deel van die land die win­ter te oor­leef. Jy kan hul­le selfs op plek­ke met er­ge win­ters kweek – maar dan net as jaar­plant.

GROND Wat vrug­baar­heid be­tref, ver­wag ar­ti­sjok­ke nie veel van die grond nie, wat dit ’n puik pi­o­niers­plant maak in tui­ne waar die grond nog moet ont­wik­kel. Ar­ti­sjok­ke ver­kies grond wat goed drei­neer met ’n ph van tus­sen 6 en 7 – as die grond aan die suur­de­ri­ge kant is, kan jy do­lo­miet- of kal­siet­kalk by­meng wan­neer jy die plant­jies uit­plant. Na­tuur­lik sal hul­le flo­reer as jy lek­ker baie goed­ver­rot­te kraal­mis en kom­pos by die grond in­meng.

Plant hul­le só

Ar­ti­sjok­ke kan van saad ge­kweek word, maar jy kan ook by die kwe­ke­ry saai­lin­ge kry óf klein plant­jies (be­kend as uit­lo­pers, lo­te of sprui­te) by die ba­sis van die moe­der­plant oes.

SAAD Saai die saad in die laat­win­ter of vroeg­len­te (wan­neer die ge­vaar van ryp ver­by is) on­ge­veer 1 cm diep. Soos baie an­der pi­o­niers­plan­te het die dis­tel­fa­mi­lie ’n snel­groei­en­de pen­wor­tel, en daar­om is dit be­ter om die­per saad­bak­kies of pot­te (min­stens 10 cm) te ge­bruik wan­neer jy nié die saad di­rek in bed­dings saai nie. Slak­ke en naak­slak­ke kan aan die be­gin van die lente ’n pro­bleem wees wan­neer dit vog­tig is – hul­le sal kor­te met­te maak van e­ni­ge saai­lin­ge wat nie be­skerm word nie.

Die na­tuur se op­los­sing vir dié pro­bleem is hon­der­de sa­de wat dig­by me­kaar ge­saai word. (Dis am­per soos men­se saans in ’n stil straat­jie: In

’n groep is dit vei­li­ger.) Van die hon­der­de plant­jies gaan som­mi­ge die slak­ke­jag vry­spring – en dis ge­woon­lik ook die sterk­stes. Tui­niers kan dié na­tuur­pa­troon na­boots deur in “tros­se” te saai. ’n Ryp blom­kop be­hoort on­ge­veer 200 saad­jies te le­wer – dit be­te­ken saad gaan jou nie ’n for­tuin uit die sak jaag as jy eers jou eie be­gin oes nie. Jong saai­lin­ge kan jy s­nags be­skerm deur klok­hoed­jies oor die plant­jies te sit – ge­bruik som­mer glas­of kar­ton­hou­ers wat jy on­der­ste­bo oor die plant­jies sit. Die an­der voor­deel van sul­ke klok­hoed­jies is die kweek­huis­ef­fek: Die tem­pe­ra­tuur van die grond styg en help ont­kie­ming aan.

Hou die grond klam deur dit min­stens een keer per dag nat te lei – ont­kie­ming vind bin­ne 10­20 dae plaas. Wan­neer die plant­jies drie wa­re blaar­tjies het (om­trent ’n maand ná ont­kie­ming), kies die sterk­ste van die saai­lin­ge en sny die res teen die grond af (moe­nie dit uit­trek nie; dit sal die wor­tels van die an­der plan­te ver­steur).

UIT­LO­PERS Kies lo­te wat min­stens 30 cm lank is met ’n paar bla­re en taam­li­ke wor­tels, en ge­bruik ’n vlym­skerp mes­sie om hul­le van die ba­sis van die ge­ves­tig­de plant af te sny – dis be­lang­rik om dit in ma­ti­ge weer te doen om die skok op die plan­te te be­perk. >

Plant die lo­te da­de­lik (90 cm-1,5 m uit me­kaar) en maak hul­le goed nat. Hul­le sal vir ’n dag of wat oes lyk, maar kort daar­na weer hul­le kop op­lig. SPASIËRING Die plan­te het baie plek no­dig – ’n ar­ti­sjok wat flo­reer, kan tot 1,5 m hoog word en min­stens 90 cm uit­sprei (soms tot 2,5 m!). Plant die jong plant­jies dus min­stens 60 cm uit­me­kaar. METGESELPLANTE Boer­bo­ne kan reg­deur die win­ter tus­sen ge­ves­tig­de ar­ti­sjok­ke ge­plant word om stik­stof te ver­skaf – ar­ti­sjok­ke is ra­send hon­ger wan­neer hul­le in die lente ont­waak.

Hou hul­le ge­luk­kig

So­dra ar­ti­sjok­ke eers ge­ves­tig is, het hul­le min­der aan­dag no­dig as die mees­te an­der groen­te­soor­te. WA­TER Hou die grond reg­deur die sei­soen mooi e­we­re­dig nat. DEK­LAAG Met ’n goeie dek­laag gaan die on­der­houd nóg min­der wees. Ge­bruik goed­ver­rot­te kraal­mis en strooi om die wor­tels te be­skerm, wa­ter te hou en on­kruid­groei te on­der­druk.

ON­KRUID EN SNOEI Sny on­kruid en dooie bla­re on­der­aan die plant ge­reeld af. In die herfs, na­dat al die blom­me ge­oes is, sny som­mi­ge tui­ners die ou ste­le teen die grond af om nu­we groei aan te moe­dig – maar dis nie no­dig nie.

PES­TE EN PRO­BLE­ME Wees op die uit­kyk vir plant­lui­se, ver­al aan die wol­le­ri­ge on­der­kant van die on­der­ste bla­re, as­ook rus­pes, mie­re en slak­ke.

Be­skerm jou ar­ti­sjok­plan­te teen slak­ke en naak­slak­ke deur bla­re te sny van plan­te waar­van slak­ke baie hou – soos kool – en dit rond­om die plan­te te pak. Ont­hou, hier­die glib­be­ri­ge ka­lan­te hou in die al­ge­meen meer van plant­ma­te­ri­aal wat ver­rot as van vars pro­duk­te.

Lie­wen­heers­be­sies is plant­lui­se se mo­ses – as die lui­se oor­nag die oor­hand kry, ge­bruik ’n sproei­bot­tel en spuit die lui­se met ’n sterk straal af. Met dié af­skrik­mid­del sal die lie­wen­heers­be­sies ’n voor­sprong kry en hul­le ge­tal­le sal toe­neem.

Mie­re is ag­ter die heu­ning­dou aan wat plant- of dop­lui­se af­skei. S­poel die heu­ning­dou met wa­ter af en die mie­re sal be­lang­stel­ling ver­loor. Ont­hou: Ge­son­de, le­wen­di­ge grond sorg vir ge­son­de plan­te wat be­stand is teen pes­te en plae.

Dis oes­tyd!

Aan die ein­de van die eer­ste jaar na­dat jy die plan­te van saad ge­kweek het (of 6-7 maan­de na­dat jy sprui­te of saai­lin­ge ge­plant het), sal die plant eet­ba­re blom­knop­pe pro­du­seer, hoe­wel jy teen die twee­de en der­de jaar die groot­ste oes kan ver­wag – in die reg­te om­stan­dig­he­de sal ’n ge­luk­ki­ge plant tot 30 knop­pe per jaar uit­stoot!

As die blom­knop­pe so groot is soos ’n gholf­bal (en die on­der­ste bla­re is oop, maar die boon­ste bla­re nog toe), sny dit met ’n snoei­skêr of skerp mes af – be­hou 5 cm van die steel. Sny eer­ste die mid­del­ste blom­knop – so­doen­de moe­dig jy die vor­ming van nog knop­pe aan. Hoe vroe­ër jy die blom­knop­pe oes, hoe sag­ter en lek­ker­der is hul­le.

BÊ­RE DIT Ge­bruik die blom­knop­pe vars of hou dit vir tot 4 dae on­ge­was in ’n plas­tiek­sak­kie in die ys­kas. Was die knop­pe net voor jy hul­le gaar­maak – sien ons re­sep­te en wen­ke op bl. 94-100.

OES DIE SAAD Waar die so­mers lank ge­noeg is, kan jy sterk, pro­duk­tie­we plan­te laat blom so­dat jy kan saad oes. Kies groot blom­knop­pe en laat dit uit­blom en droog word. Sny die blom­knop af en hou dit vir twee we­ke bin­nens­huis in ’n pa­pier­kar­does voor jy die saad in ’n em­mer­tjie uit­skud. In die reg­te om­stan­dig­he­de sal ar­ti­sjok­saad vir tot 6 jaar hou.

El­ke droë ar­ti­sjok­blom­knop sal rof­weg 200 saad­jies le­wer.

BO Saai die saad in gaat­jies van om­trent 1 cm diep – ge­bruik die ag­ter­kant van ’n vurk om die gaat­jies te maak. OOR­KANT Dié jong uit­spruit­sels is reg om ver­deel en oor­ge­plant te word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.