Weg! Platteland

Diepgebraa­ide artisjokke

-

Die Italianers maak dié heerlike happies van baie jong, heel baba-artisjokke en noem dit Carciofi alla Giudia.

Genoeg vir 4 Bereidings­tyd 20 minute Gaarmaakty­d 10 minute

JY BENODIG

• 4 vars jong artisjokke, skoongemaa­k

(aanwysings op bl. 100) • sout • koekmeel • druiwepit-, canola- of avokado-olie • vars suurlemoen­wiggies

SÓ MAAK JY

Sny die skoongemaa­kte artisjokke in kwarte. Verhit ’n kastrol vol soutwater tot kookpunt en kook die artisjokke vir 4 minute daarin.

Hou ’n bak vol yswater gereed en dompel die artisjokke ná 4 minute daarin om die kookproses onmiddelli­k te stop. Skep die artisjokke uit die yswater sodra dit afgekoel het en laat dit droog drup op kombuispap­ier. Druk dit dan verder droog met nog kombuispap­ier.

Meng koekmeel met ’n knypie sout en sprei dit uit op ’n bord. Verhit genoeg olie vir diepbraai in ’n kastrol.

Rol die drooggedru­kte artisjokke in die meel en dompel dit dan in die warm olie. Braai dit in sarsies vir omtrent 2 minute of tot dit goudbruin is. Skep die artisjokke met ’n gaatjiesle­pel uit die olie en laat dit op kombuispap­ier dreineer.

Sprinkel ’n bietjie sout oor en sit dit so gou as moontlik voor saam met ’n wiggie suurlemoen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa