Lente-cas­sou­let

Weg! Platteland - - Kookmet Met Artisjokke -

Sit hier­die kitsweer­ga­we van ’n klas­sie­ke Fran­se cas­sou­let voor saam met ge­roos­ter­de hoen­der of vis. Die Fran­se gooi saam met die spek ook ’n paar vark­wor­sies in die pan vir ’n ste­wi­ger maal­tyd.

Ge­noeg vir 6 Be­rei­dings­tyd 20 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 30 mi­nu­te

JY BENODIG

• 4-5 ar­ti­sjok­ke, skoon­ge­maak • ½ kop­pie (125 ml) o­lyf­o­lie • 8 re­pies spek, in blok­kies ge­sny • 4 klein preie, in dun rin­ge­tjies ge­sny • 4 knof­fel­hui­sies, in dun sky­fies ge­sny • ¼ brand­ris­sie, fyn­ge­kap • 4 tak­kies vars tie­mie • 1 tee­le­pel (5 ml) fyn­ge­ras­per­de

suur­le­moen­skil • ½ kop­pie (125 ml) wit­wyn • 2 blik­kies (410 g elk) can­nel­li­ni­boon­tjies,

ge­drei­neer • 1 blok­kie hoen­der­af­trek­sel • 2 eet­le­pels (30 ml) bot­ter • 1 kop­pie (250 ml) droë brood­krum­mels • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk • 1-2 han­de vol ro­ket­bla­re of ba­bas­pi­na­sie

SÓ MAAK JY

Maak die ar­ti­sjok­ke skoon vol­gens die aan­wy­sings op die vol­gen­de blad.

Ver­hit die o­lyf­o­lie in ’n groot, diep pan en roer­braai die spek en preie vir 5 mi­nu­te oor lae hit­te. Sny die ar­ti­sjok­ke in klei­ner hap­groot­te stuk­ke en voeg dit by saam met die knof­fel­sky­fies, ris­sie, tie­mie en suur­le­moen­skil.

Roer­braai dit ver­der oor lae hit­te vir om­trent 10 mi­nu­te of tot die ar­ti­sjok­ke net­net gaar is. Voeg dan die wyn, bo­ne en af­trek­sel­blok­kie by en laat dit prut tot die helf­te van die wyn weg­ge­kook het en die bo­ne warm is. Proe en geur dit na smaak met sout en vars­ge­maal­de swart­pe­per.

S­melt die bot­ter in ’n pan en braai die brood­krum­mels tot goud­bruin. Haal die pan van die plaat af en roer die fyn­ge­druk­te knof­fel­hui­sie deur die krum­mels.

Roer ’n hand vol of twee ro­ket­bla­re deur die bo­ne en sit dit voor met van die brood­krum­mels oor el­ke por­sie ge­sprin­kel. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.