Weg! Platteland

Suurlemoen-engrenadel­laskywe

-

Hierdie romerige, effens suur sitrusgege­urde skywe kan óf soos ’n tert óf in ’n reghoekige pan gebak en dan in blokke gesny word. Genoeg vir 8 Bereidings­tyd 20 minute plus rustyd Baktyd 50 minute

JY BENODIG VIR DIE KORS

• 1¾ koppie (430 ml) koekmeel • ¾ teelepel (3,75 ml) sout • koppie (160 ml) versiersui­ker • ¼ koppie (60 ml) mielieblom • 1 eetlepel (15 ml) suurlemoen­skil • 180 g koue botter, in blokkies gesny

VIR DIE VULSEL

• 240 g ricotta • 4 eiers • 1 koppie (330 ml) suiker • 3 eetlepels (45 ml) koekmeel • 2 eetlepels (30 ml) suurlemoen­skil • koppie (80 ml) suurlemoen­sap • koppie (80 ml) grenadella­pulp

SÓ MAAK JY

Verhit die oond tot 180 ºc. Smeer ’n oondvaste reghoekige pan of bak van 33 x 22 cm (5 cm diep) en voer dit uit met bakpapier.

Maak die kors deur die meel, sout, versiersui­ker, mielieblom en suurlemoen­skil in ’n voedselver­werker te meng. Pols die botterblok­kies by en meng dit dan tot dit soos growwe mieliemeel lyk. Sprinkel die korsmengse­l in die voorbereid­e pan en druk dit ferm met jou hand in ’n eweredige dun lagie oor die boom van die pan en 12 cm teen die kante op. As dit lyk soos ’n flop, moenie moed verloor en nog water bygooi nie; soos jy dit met jou hand vasdruk, sal alles regkom. Sit die kors vir 30 minute in die yskas en bak dit blind vir 20 minute. Laat dit eenkant afkoel.

Maak die vulsel deur die ricotta, eiers, suiker, meel en ’n knippie sout saam te klits. Roer die suurlemoen­skil en sap by asook die grenadella­pulp. Krap die vulsel uit in die gebakte kors. Sit die tert terug in die oond en bak dit vir nog sowat 30 minute tot die vulsel gestol het en ferm is.

Laat die tert minstens 2 uur lank tot kamertempe­ratuur afkoel voordat jy dit sny en voorsit.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa