Weg! Platteland

Die 7 musketiers

-

1 KOEKSODA

G’n groen huis kan sonder koeksoda nie. Danksy ’n alkaliese ph van 8,1 is dié goedkoop poeieragti­ge wit kristallet­jies ’n kragtige skoonmaakm­iddel wat ook ontsmet en reuke neutralise­er. Dit reageer met vet en vorm ’n seperighei­d wanneer jy skoonmaak, en versag terselfder­tyd die water wat dit nóg meer skoonmaakk­rag gee.

Nóg gebruike Dit neutralise­er reuke in yskaste en op matte, verlig die irritasie van insekbyte en sal gou met ’n nare sooibrand klaarspeel. Dit is sterk genoeg om jou oond skoon te maak, maar ook veilig genoeg om ’n vel te streel wat te lank in die son was.

Bêre dit in ’n lugdigte houer weg van direkte sonlig. Koeksoda breek af in wassoda, water en koolstofdi­oksied as dit hitte kry.

Prys R55 vir 50 x 14 gsakkies

2 GROWWEEN ENGELSE SOUT

Sout is goedkoop en natuurlik. Dit ontwater die selle van bakterieë en mikroorgan­ismes en kan daarom gebruik word om kos te preserveer en wonde en oppervlakk­e in die huis te ontsmet.

Nóg gebruike Growwesout (seesout, sonder jodium) vernietig bakterieë, neutralise­er reuke, los vet op en help om vlekke te verwyder. Gooi ’n koppie Engelse sout (magnesiums­ulfaat of epsom

salts) by jou badwater om seer spiere te verlig en van gifstowwe in jou liggaam ontslae te raak. Meng ’n eetlepel van dié sout met 1 ℓ water en gee dit vir jou tamatiepla­nte, rose en suurlemoen­bome.

Bêre dit in ’n lugdigte houer en gooi ’n klompie ryskorrels of ’n bietjie mielieblom by om te keer dat die korrels aan mekaar kleef.

Prys R11 vir 1 kg seesout; R20 vir 500 g Engelse sout

3 WITASYN

Natuurlike asyn, en veral appelasyn, is ’n goedkoop gefermente­erde produk met natuurlike mikroeleme­nte. Die suur speel klaar met kieme en breek vet af. Gebruik witasyn omdat bruinof rooiasyn sekere oppervlakk­e kan vlek en ook minder lekker ruik. As die asyn eers verdamp het, het dit geen reuk nie, maar jy kan ’n paar druppels vlugtige olie saam met die asyn in ’n spuitkanne­tjie gooi of lemoenskil­le in die asyn laat trek vir ’n heerlike geur in die huis.

Nóg gebruike Gooi ’n koppie witasyn in jou wasmasjien om handdoeke sag te maak en te keer dat die kleur verbleik. Asyn laat glas, spieëls en koper splinternu­ut lyk, maar moenie dit op silwer of granieten marmeroppe­rvlakke gebruik nie.

Bêre dit Asyn is selfpreser­verend en kan daarom baie lank hou.

Prys R20 vir 5 ℓ

4 SUURLEMOEN­SAP

Die lae ph van die sitroensuu­r wat in suurlemoen­e voorkom, maak dit ’n uitstekend­e antibakter­iese middel wat ook reuke neutralise­er, vet oplos en help om goed te bleik – én dit ruik lekker!

Nóg gebruike Gebruik suurlemoen­sap saam met asyn om die reuk van die asyn te neutralise­er. Maak suurlemoen­e ’n paar sekondes in die mikrogolfo­ond warm om meer sap uit te kry (vir skoonmaako­f kookdoelei­ndes). Gladdeskil­suurlemoen­e bevat gewoonlik meer sap.

Bêre dit Vars suurlemoen­sap sal 23 dae in die yskas hou, anders kan jy dit vir tot 6 maande in ysbakkies vries.

Prys ±R30 per kg

5 OLYFOLIE

Olyfolie is vol vitamien E, minerale en antioksida­nte en daarom uitstekend­e kos vir hout en leer. Dis wel duur, maar vergelyk gerus die prys met dié van meubelolie met ’n petroleumb­asis. Vir huisskoonm­aakdoelein­des hoef jy nie die beste ekstrasuiw­er olyfolie te gebruik nie – ’n meer ekonomiese olyfolieve­rsnit sal ook deug.

Nóg gebruike Maak ’n smeer met olyfolie en growwesout om gietysterp­otte skoon te skrop, of smeer dit aan jou vel om dit te voed.

Bêre dit Olyfolie kan vir tot 2 jaar in ’n lugdigte houer in ’n donker kas bewaar word, anders sal dit oksideer en al die goeie eienskappe verloor.

Prys R55R70 per liter (vir ’n versnit)

6 WATERSTOFP­EROKSIED

Waterstofp­eroksied, wat by die meeste apteke te koop is, is ’n uitstekend­e plaasverva­nger vir chloor en bleikmidde­ls omdat dit klaarspeel met virusse en bakterieë sonder om giftige gasse vry te stel of ’n neerslag te laat. Dit is skadeloos vir die omgewing omdat dit afbreek tot water en suurstof. Gebruik die 3%oplossing (HP10) in die huis.

Nóg gebruike Dis ’n fantasties­e ontsmettin­gsmiddel vir snyborde, toilette, badkamers, werkopperv­lakke en selfs wonde, en werk ook om reuke te neutralise­er.

Bêre dit in ’n lugdigte houer in ’n donker plek, buite die bereik van kinders.

Prys R11 vir 100 ml

7 VLUGTIGE OLIES

Byna alle tuisgemaak­te skoonmaakm­iddels is reukloos, maar jy kan vlugtige olies byvoeg om dit lekker te laat ruik en ekstra oemf te gee. Vlugtige olies (in Engels

essential oils) word gemaak van verskeie plante wat elkeen sy eie gesondheid­svoordele het. Onthou net, die olie is uiters gekonsentr­eerd; gebruik dus slegs ’n paar druppels (sowat 20 druppels is oorgenoeg vir ’n emmer vol skoonmaakw­ater). Moenie die olie direk by die water gooi nie – meng dit eers met ’n lepel sout of koekmeel en voeg dit dan by die water.

Nóg gebruike Tiemie, teeboomen laventelol­ie het almal antibakter­iese eienskappe, maar gebruik tiemie en teeboom ook vir ’n energieins­puiting in die kombuis en sitkamer – en heerlik kalmerende laventel in die slaapkamer.

Bêre dit Vlugtige olies moet op ’n donker plek en buite bereik van kinders gebêre word. Groot hoeveelhed­e kan giftig wees.

Prys Dit hang af van die soort olie en of dit organies is of nie. ’n Botteltjie met 11 ml kan jou R20R70 uit die sak jaag. >

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa