RE­SEP #5

Was­poei­er­blok­kies

Weg! Platteland - - Doen Dit Self -

Vir dié re­sep van Good­ful het jy was­goed­seep no­dig (ek ge­bruik graag Ou­ma Han­na se Boer­seep wat so­wat R35 vir 300g kos by pad­stal­le) en was­so­da – kry dit aan­lyn by Es­sen­ti­al­ly Na­tu­ral (R129 vir 1 kg). As jou was­goed vol o­lie- of wyn­vlek­ke is, moet jy dit in­vryf met die was­goed­seep en laat lê.

JY BENODIG

• 1 koe­kie ge­ras­per­de was­goed­seep • 2½ kop­pies (625 ml) was­so­da • 1 kop­pie (250 ml) witasyn • 15-20 drup­pels vlug­ti­ge o­lie

SÓ MAAK JY

Meng al die be­stand­de­le, ver­deel die meng­sel tus­sen die hol­tes van twee ys­bak­kies en laat dit vir ’n paar uur staan om be­hoor­lik droog te word voor jy dit uit­keer. Ge­bruik 1-2 blok­kies per bon­del was­goed – as jy ’n kou­e­wa­ter­si­klus ge­bruik, moet jy die blok­kie(s) eers in warm wa­ter op­los voor jy dit by die was­goed gooi.

UIT DIE WIN­KEL

T­ri­ple Oran­ge Bi­oDet Laund­ry C­re­am T­ri­ple Oran­ge ver­vaar­dig ’n puik reeks ge­kon­sen­treer­de pro­duk­te met ’n ken­mer­ken­de le­moen­geur. Hul­le was­goed­room is 100% bi­o­af­breek­baar, werk as ’n was- en ver­sag­mid­del, en jy het net so­wat 1-2 eet­le­pels (15-30 ml) per bon­del no­dig.

Prys R113 vir 1 kg

Plat­te­land sê

S­pot­less se was­poei­er is goed­koop en werk goed vir kle­re wat nie te vuil is nie. Hoe­wel Good­ful se was­poei­er­blok­kies be­slis krag­ti­ger is, is die be­stand­de­le skaar­ser en duur­der. Die ge­koop­te pro­duk is luuks en ver­rig won­de­re, maar vir ’n groot ge­sin met baie was­goed sal dit dalk te duur uit­werk. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.