RE­SEP #4

Was­poei­er

Weg! Platteland - - Doen Dit Self -

Hier­die re­sep van S­pot­less is ge­noeg vir een groot bon­del was­goed wat nie té vuil is nie. Ont­hou om die a­syn in die was­ma­sjien se ver­sag­mid­del­bak­kie te gooi so­dat jy nie ver­geet om dit met die spoel­si­klus by te voeg nie.

JY BENODIG

• 1 kop­pie (250 ml) koek­so­da • ½ kop­pie (125 ml) grow­we­sout • 20-30 drup­pels vlug­ti­ge o­lie van

jou keu­se • 1 kop­pie (250 ml) witasyn vir s­poel

SÓ MAAK JY

Meng die koek­so­da en grow­we­sout, voeg die vlug­ti­ge o­lie by en meng dit deur. As die kle­re baie vuil is, moet jy dit liefs die vo­ri­ge aand al in ’n em­mer wa­ter laat week waar­by 1 kop­pie wa­ter­stof­per­ok­sied ge­voeg is. Gooi die was­goed die vol­gen­de dag saam met die was­poei­er in die ma­sjien en ont­hou ook om 1 kop­pie a­syn by te voeg wan­neer die spoel­si­klus aan­breek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.