Laat ’n mens dink Fos­siel­brand­stof en kli­maats­ver­an­de­ring: Dalk is dit tyd om ons hou­ding te ver­an­der...

Om­dat kli­maats­ver­an­de­ring ’n ál gro­ter be­drei­ging in­hou vir die mens, be­hoort ’n wind­tur­bi­ne op die ho­ri­son ’n mens te laat ju­bel, sê Ja­mes Ree­ler.

Weg! Platteland - - Inhoud - Ja­mes Ree­ler is die pro­jek­be­stuur­der: grond en kli­maat vir die Wê­reld­na­tuur­fonds ( WWF) Suid-a­fri­ka.

Baie va­kan­sie­gan­gers ken die pad tus­sen So­mer­set-wes en Her­ma­nus. Ná Sir Lo­wrys­pas volg jy die kon­toe­re van die berg en word om­ring deur ap­pel­boor­de, win­ger­de en ruie plan­te­groei. Maar die oom­blik as jy oor die Hou­w­hoek­pas ry en die pad swenk na links, voel jy ’n se­ke­re af­wag­ting. Want hier, an­der­kant die berg, vou die land­skap voor jou oop: Daar lê die dor­pie Bot­ri­vier, om­ring deur ca­no­la- en ko­ring­lan­de wat uit­strek tot die blou ber­ge an­der­kant Ca­le­don. Lief­lik.

Die af­ge­lo­pe vyf jaar het dié oor­we­gend lan­de­li­ke prent­jie ’n an­der sterk e­le­ment by­ge­kry: 9 skel­wit wind­tur­bi­nes. Ek ken ’n klom­pie men­se wat hard ge­veg het om te keer dat die wind­plaas daar op­ge­rig word. Die sterk­ste ar­gu­ment (waar­mee e­ni­ge plat­te­lan­der dit roe­rend eens sal wees) was dat hul­le le­lik is en nie met die lan­de­li­ke skoon­heid van die om­ge­wing saam­smelt nie. Na­tuur­lik is hul­le ver van pos­kaart­mooi af, maar vir my het daar­die stil­le wag­to­rings die uit­sig net nóg mooi­er ge­maak. Want bui­ten die by­na hip­no­tie­se draai van die lem­me en die piep­klein im­pak wat hul­le op dié pro­duk­tie­we lan­de­rye het, is hul­le ook ’n le­wen­de be­wys dat dit wel moont­lik is om in die ba­sie­se mens­li­ke be­hoef­tes te voor­sien són­der om die pla­neet in die pro­ses te ver­woes.

As ’n mens dit ver­ge­lyk met die ga­pen­de won­de wat steen­kool op die land­skap los, die suur wa­ter en die uit- wer­king daar­van op mens­li­ke ge­sond­heid, dan is dié to­rings die skoon­heid van­self. Hul­le wys vir ons dis nie no­dig om el­ke mo­der­ne weel­de vaar­wel toe te roep in ’n po­ging om ons klein­kin­ders te be­skerm nie. Maar die be­drei­ging van kli­maats­ver­an­de­ring is van so ’n aard dat ons meer sul­ke wind­pla­se moet bou, en baie drin­gend ook.

KLI­MAATS­VER­AN­DE­RING is se­dert ek my eer­ste ka­kie­broek skool toe aan­ge­trek het, deel van my wê­reld­be­skou­ing. Des­tyds, in die ja­re tag­tig, was dit nie ’n om­stre­de saak nie om­dat die we­ten­skap ge­ves­tig was. Selfs die groot o­lie­maat­skap­pye soos Exxon en To­tal het saam­ge­stem kli­maats­ver­an­de­ring is ’n werk­lik­heid – tot­dat hul­le ’n veld­tog van stel­sel­ma­ti­ge wan­in­lig­ting van sta­pel ge­stuur het. Hul­le het, net soos die ta­bak­maat­skap­pye met hul­le rook­skerm ge­maak het, geld ge­gee vir stu­dies en pu­bli­si­teit waar­in die we­ten­skap ver­troe­bel word en val­se be­swa­re en strooi­po­par­gu­men­te ge­op­per is. So­doen­de het hul­le die in­druk ge­wek dat iets wat hul­le baie goed ge­weet het waar is, nié so is nie. Hul­le saak is aan­ge­help deur die feit dat dit moei­lik is om e­ni­ge spe­si­fie­ke ge­leent­heid met kli­maats­ver­an­de­ring te ver­bind, iets wat daar­toe ge­lei het dat baie men­se die be­drei­ging ge­ring­ge­skat en min­stens ge­won­der het of die we­ten­skap­li­kes se toe­ne­mend ver­doe­men­de voorspellings op die werk­lik­heid ge­grond is. Ter­wyl kli­maats­ken­ners dus by­na soos een man ge­sê het ons moet iets doen, het baie men­se on­der die il­lu­sie ver­keer dat kli­maats­ver­an­de­ring om­trent so vaag is soos die weer­voor­spel­ling vir vol­gen­de week.

Ná die af­ge­lo­pe paar jaar be­hoort daar reg­tig in geen mens se moed e­ni­ge twy­fel te wees nie. Kli­maats­ver­an­de­ring self ver­oor­saak nie vloe­de en droog­te nie. Maar dit ver­er­ger wel die im­pak daar­van: Dit laat die re­ën har­der val, die wind er­ger waai en die kwik ho­ër styg. Dít sien ’n mens in die in­ten­si­teit van or­ka­ne oor die At­lan­tie­se en In­die­se O­se­aan, en die suid­waart­se “mi­gra­sie” van ko­ker­bo­me om weg te kom van die Na­mibwoes­tyn wat ál gro­ter word. In 2016 is agt van Suid-a­fri­ka se ne­ge pro­vin­sies tot droog­teramp­ge­bied ver­klaar, en ter­wyl Dur­ban deur er­ge vloe­de ge­teis­ter word, is Kaap­stad be­sig om on­der die skroei­en­de son te ver­gaan ná twee van die droog­ste ja­re in men­se­heu­ge­nis. Dr. Pi­o­tr Wol­ski het be­re­ken in nor­ma­le kli­maats­toe­stan­de be­hoort die Kaap in die vol­gen­de dui­send jaar nie weer so ’n droë tyd­perk te be­leef nie; maar selfs ter­wyl boe­re van Gra­bouw bloei­sels uit­breek om te keer dat hul­le vrug­te­bo­me vrug­te dra en net die jaar kan oor­leef, won­der hul­le of dít dan werk­lik die “nu­we nor­maal” kan wees.

DIE WRE­DE WERK­LIK­HEID is dat din­ge net er­ger gaan raak. Die ge­mid­del­de wê­reld­wye tem­pe­ra­tuur is tans net on­der 1 ºc war­mer as voor die in­dus-

tri­ë­le re­vo­lu­sie, en as ons voort­gaan op ons hui­di­ge pad, gaan die wê­reld teen die ein­de van die eeu 2-3 ºc war­mer wees. Teen daar­die tyd sal so­mer­tem­pe­ra­tu­re ver­oor­saak dat som­mi­ge de­le van die wê­reld per­ma­nent on­be­woon­baar sal wees, oes­te van tal­le sta­pel­ge­was­se kan uit­ge­wis word, en ’n kli­maat­scha­os sal waar­skyn­lik lei tot mil­joe­ne men­se wat op ’n on­ge­ken­de skaal voor na­tuur­ram­pe vlug.

Hoe­kom die ver­wy­sing na die in­dus­tri­ë­le re­vo­lu­sie? Die groot­ste en­ke­le dryf­veer ag­ter die in­dus­tri­ë­le re­vo­lu­sie en mo­der­ne e­ko­no­mie is die be­skik­baar­heid van goed­koop e­ner­gie. En die groot­ste dryf­veer ag­ter kli­maats­ver­an­de­ring is die kool­stof­di­ok­sied wat vry­ge­stel word wan­neer ons fos­siel­brand­stof soos o­lie en steen­kool brand om e­ner­gie te ver­skaf – óf as brand­stof vir voer­tuie óf as hit­te, lig en e­lek­tri­si­teit om ons ny­wer­he­de en toe­stel­le aan te dryf. Kool­stof­di­ok­sied (en an­der gas­se soos me­taan) vang hit­te in die at­mos­feer vas en ver­hit die lug en o­se­a­ne – van­daar die term “kweek­huis­ef­fek”.

’n Twee­de groot oor­saak van kli­maats­ver­an­de­ring is die ver­bys­te­ren­de tem­po waar­teen ons die aar­de ge­trans­for­meer het, ’n kwes­sie wat so aan­gry­pend deur my vriend Ru­pert Koop­man uit­ge­lig is in dié ein­ste ru­briek (“Die prys van ‘voor­uit­gang’ ”, Herfs 2017). E­nig­ie­mand wat al die af­ge­lo­pe paar de­ka­des bui­te die stad ge­woon of be­weeg het, sou ge­sien het hoe die kus in­ge­sluk is deur ge­boue, hoe die wil­der­nis te­rug­trek. Al daar­die plan­te wat eens op ’n tyd so vas­be­ra­de kool­stof­di­ok­sied in die grond ge­sit het, het nou in rook op­ge­gaan. Die “pla­neet se lon­ge” is ver­woes deur die kan­ker van ver­an­de­ring.

WAT IS DIE OP­LOS­SING? Om­dat al hier­die din­ge net te oor­wel­di­gend voel, verg dit op­los­sings op ’n e­nor­me skaal. En na­tuur­lik is ons af­hank­lik van goed­koop e­ner­gie om ons­self te voed en kle­re aan ons lyf te hê (én fo­ne te laai!).

Om­dat e­ner­gie die groot­ste oor­saak is, is dit hier waar ons al­mal moet be­gin. Die sleu­tel is om deur een­vou­di­ge aan­pas­sings min­der te ge­bruik: Led-gloei­lam­pe spaar op die lang duur geld; jou gei­ser en wa­ter­py­pe werk doel­tref­fen­der met i­so­la­sie; en i­so­la­sie in die pla­fon ver­min­der die be­hoef­te om die huis af te koel of te ver­hit. Selfs deur lig­te af te sit wat on­no­dig brand, maak jy ’n ver­skil.

Maar selfs nóg be­ter is son­krag, wat ’n re­a­lis­tie­se op­sie ge­word het. Die prys daar­van het die af­ge­lo­pe 10 jaar met meer as 80% ge­val, wat be­te­ken selfs in die stad gaan jy waar­skyn­lik geld spaar deur ’n paar pa­ne­le op jou dak te in­stal­leer pleks daar­van om el­ke jaar E­s­kom se ver­ho­gings te sluk. En ’n son­krag­ver­war­mer kan die groot­ste e­ner­gie­kos­te in die mees­te hui­se by­na e­li­mi­neer. Al dié maatreëls spaar nie net vir jou geld nie, maar ver­laag ook die im­pak op die om­ge­wing.

Maar die groot­ste ver­skil sal kom as ons fos­siel­brand­stof uit­sny. Vol­gens die WNNR is Suid-a­fri­ka se po­ten­si­aal vir wind- en son­krag die bes­te ter wê­reld, en die land se groei kan vol­ko­me aan­ge­dryf word deur her­nu­ba­re e­ner­gie wat geen gif­gas­se af­gee nie. Wê­reld­wyd is her­nu­ba­re e­ner­gie die snel­groei­end­ste e­ner­gie­sek­tor wat meer werk­ge­leent­he­de ver­skaf as steen­kool- en kern­krag – teen ’n la­er kos­te. Dis haal­baar, maak e­ko­no­mies sin en is die ver­ant­woor­de­li­ke op­sie. Die e­nig­ste ding wat in ons pad staan, is die feit dat ons so ge­woond is om dit an­ders te doen. O­pen­ba­re steun is die sleu­tel om ons re­ge­ring en on­der­ne­mings te help om die kop­skuif te maak.

As jy dus weer ’n “le­li­ke” wind­to­ring of ’n dak vol son­pa­ne­le sien, moe­nie dink aan die uit­sig wat be­lem­mer is nie. Dink eer­der hoe dit al­les an­ders in die land­skap be­skerm. En sê dit vir wie ook al by jou is – want ken­nis is die eer­ste tree na skoon krag.

‘Kli­maats­ver­an­de­ring self ver­oor­saak nie vloe­de en droog­te nie. Maar dit ver­er­ger wel die im­pak daar­van: Dit laat die re­ën har­der val, die wind er­ger waai en die kwik ho­ër styg.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.