Be­stem­ming Op pad Oos-kaap toe? Draai ’n slag van die N2 af en gaan loer in by dié vier sjar­man­te dor­pies

Jef­freys­baai is een van die Oos-kaap se be­kend­ste dor­pe, ver­al oor sy wê­reld­be­roem­de bran­ders. Maar dig­by dié su­per­ster is ook ’n paar stil bu­re. Kom sê dag vir die in­wo­ners van Kaap St. Fran­cis, St. Fran­cis­baai, Oe­ster­baai en, ef­fens die bin­ne­land in, Hu

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS EN FO­TO’S JAC K­RIT­ZIN­GER

El­ke jaar swaai dui­sen­de va­kan­sie­gan­gers ’n ent an­der­kant Port E­li­za­beth van die N2 af Jef­freys­baai toe. Maar as jy ’n en­tjie aan­hou met die R330, kry jy Hu­mans­dorp en la­ter, teen die kus, St. Fran­cis­baai, Kaap St. Fran­cis en Oe­ster­baai. Die men­se van dié vier dor­pe, nie te ver van me­kaar af nie, is ’n las­lap­pie van melk­boe­re, sur­fers, kom­mer­si­ë­le vis­sers, pen­de­laars, na­tuur­lief­heb­bers en toe­ris­te.

Oor va­kan­sies raak dit om­trent be­sig hier – en ter­wyl dit par­ty se brood en bot­ter be­te­ken, ver­kies nie al­mal dit nie so nie.

Ge­rug­te van ’n kern­krag­sta­sie na­by Oe­ster­baai (wat in­tus­sen glo af­ge­keur is) het ’n ta­me­le­tjie op die voor­grond ge­plaas: Ter­wyl dit werk­ver­skaf­fing en e­ko­no­mie­se groei vir die streek kon be­te­ken, sou dit die om­ge­wing on­her­stel­baar skend – ’n ha­ri­ge bob­be­jaan wat nie­mand ag­ter die bult wou gaan haal nie.

Vir nou meng die die­sel­dam­pe van plaas­bak­kies en die reuk van son­bran­do­lie steeds sa­lig op die oos­te­wind, en die­ge­ne wat ge­luk­kig ge­noeg is om per­ma­nent hier te woon is dit oor één ding eens: Hier, na aan die aar­de, en ver van die stad se ge­woel, leef hul­le in hul­le eie stuk­kie pa­ra­dys. >

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.