180 º Ru­da Land­man bot­ter haar brood aan al­bei kan­te

As ’n mens ’n Tv-ve­te­raan is, is een ding by­na ge­waar­borg: Jy’s ’n stads­mens. Maar Ru­da Land­man hou daar­van om haar brood aan al­bei kan­te te bot­ter...

Weg! Platteland - - Inhoud - Ru­da Land­man is ’n joer­na­lis wat be­kend­heid ver­werf het vir haar be­kroon­de werk by die on­der­soe­ken­de Tv-pro­gram Car­te Blan­che.

Die uit­druk­king “You can ha­ve the pen­ny and the bun” het ons by ’n vriend van my man ge­leer. Ek is ’n stads­mens en ge­niet die ver­skei­den­heid van vrien­de, kui­er­plek­ke, boek­win­kels en moont­lik­he­de in die al­ge­meen wat die stad ’n mens bied. Maar ek haat la­waai. Ek wil te­rug­trek na stil­te en kalm­te, ver­kies­lik son­der (vreem­de) men­se. Nie ’n mak­li­ke kom­bi­na­sie nie! Her­ma­nus, waar ons nou al am­per twin­tig jaar lank De­sem­bers deur­bring, gee vir my my stads­pen­nie én my stil­te­brood­jie. Dit het van die lek­ker­ste boek­win­kels wat ek ken, en do­sy­ne heer­li­ke kui­er­plek­ke bin­ne stap- en ry-af­stand. So­veel van ons vrien­de het daar af­ge­tree dat ons so­si­aal baie be­si­ger sou kon wees as ooit by die huis in Jo­han­nes­burg (ons be­heer dit streng; dis im­mers va­kan­sie).

Maar dis ook siels­kos in die stil­te en skoon­heid wat ’n mens daar kan vind. Ja, die dorp het oor die laas­te klom- pie jaar uit sy na­te ge­groei en oor die Kers­tyd is dit ’n mier­nes, maar jy kan te­rug­trek na jou stoep, tus­sen berg en see, of in Fern­kloof gaan stap en jou ver­won­der aan ’n en­ke­le vy­gie, of bo die bran­ders ’n ban­kie vind en die dag sien aand word. The pen­ny and the bun.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.