Só is die le­we Da­nie Ma­rais blaf bin­ne­toe op Hon­de­klip­baai...

Hon­de­klip­baai lyk na die naak­te waar­heid der Wes­kus­waar­he­de, maar dis hier waar Da­nie Ma­rais en twee ou skool­vrien­de weer voel soos die snaak­se, ge­luk­ki­ge en sor­ge­lo­se ou­ens wat hul­le eens op ’n tyd was.

Weg! Platteland - - Inhoud - IL­LUS­TRA­SIE DIEK GRO­BLER

‘Waar is Hon­de­klip­baai?” wou ek en D­ries min of meer ge­lyk weet toe Wyn­and sê hy het vir ons daar plek be­spreek in, wel, die Hon­ne-pon­dok­kies.

“In die Wes­kus,” het hy ge­ant­woord. Ek het ’n plek soos Pa­ter­nos­ter of Ja­cobs­baai ge­raai – een van daai Wes­kus­plek­ke wat voel soos ’n G­riek­se Ka­roo­dorp met rye kalk­wit hui­sies by die see.

Maar toe ek “Hon­de­klip­baai” op Google gaan soek, sien ek dit lê doer aan Na­ma­kwa­land se Wes­kus, grond­pad langs 90 km noord­wes van Ga­ries. Vol­gens Wi­ki­pe­dia het die 2001-sen­sus­op­na­me 468 bruin, 36 swart en 36 wit men­se in Hon­de­klip­baai ge­tel van wie 504 A­fri­kaans as hul­le moe­der­taal aan­ge­gee het. Net drie het hul­le­self as En­gels be­skou.

“Hoe­kom dan Hon­de­klip­baai?” wou ek weet.

Die ge­dag­te was im­mers ’n mi­ni­re­ü­nie. Ek en D­ries en Wyn­and is van skool­dae af al groot vrien­de, maar nou is ons in die veer­tig met kin­ders en eks­vroue en al­ler­han­de al­le­daag­se kom­pli­ka­sies. D­ries woon dees­dae in Ys­land en ek en Wyn­and kom sel­de tot ver­haal – wat nog te sê by kui­er uit. Die plan was dus om in­ten­sief te kui­er en uit te vind hoe goed ons me­kaar nog ken.

Hon­de­klip­baai het vir my eg­ter be­gin klink na veld­skool by die see. Boon­op is

Wyn­and ’n vol­slae stads­ja­pie wat pa­nie­ke­rig raak op ’n klein dor­pie. En nou wil hy Hon­de­klip­baai toe?

“Wel, ek het eers vir ons ’n plek na­by Her­ma­nus be­spreek,” het Wyn­and ge­sê. “Maar toe ek dit vir my vrou ver­tel, was haar re­ak­sie: ‘Ek dag jul­le wil ’n ro­ad

t­rip doen, iets an­ders. Nou wil jy gaan Wool­ies­kos eet en wyn drink op Her­ma­nus? Hoe ver­ve­lig.’ ”

Wyn­and het hom eers ver­erg, maar toe dink hy sy het dalk ’n punt beet: ’n Klein eks­pe­di­sie bui­te ons ge­mak­so­ne is dalk net wat ons no­dig het. En toe klink Hon­de­klip­baai vir hom na baie ver bui­te e­ni­ge ge­mak­so­ne. WYN­AND WAS REG. Toe ons ná 90 km se ab­so­luut ver­la­te, plek­plek sink­plaat­stof­pad Hon­de­klip­baai bin­nedwar­rel, was ek be­dug.

Hon­de­klip­baai is ’n bie­tjie soos daai woes­tyn­plaas­plek waar Lu­ke Sky­wal­ker groot­ge­word het, maar met don­kie­kar­re pleks van vin­nig vlie­ën­de vaar­tuie en ho­ë­mas­be­lig­ting oor Hop­hui­se wat nie min­der ver­la­te lyk as al die an­der hui­se wat daar laat staan is nie. Dis die skaal­mo­del van ’n ko­lo­nie op Mars – langs die koue At­lan­tie­se O­se­aan en die sper­ge­bied van twee my­ne. Waar ’n mens die hoof­strand ver­wag, staan ’n ver­la­te kreef­fa­briek van sink. Op Hon­de­klip­baai is Pam Gol­ding en gen­tri­fi­ca­ti­on ge­rug­te uit ’n an­der son­ne­stel­sel.

Die plek her­in­ner my aan een van D­ries se guns­te­ling­sto­ries: Een Son­dag­og­gend ná ’n lek­ker par­ty­tjie van ’n na­week stap hy by ’n ka­fee op Pa­ter­nos­ter in en vra die Sun­day­ti­mes. Maar die oom by die till stoot die Rap

port oor die toon­bank na hom toe en sê: “Nee, Me­neer, hier ver­koop ons net die waar­heid.”

Wel, Hon­de­klip­baai lyk met die eer­ste en laas­te oog­op­slag na die naak­te, on­ver­draai­ba­re waar­heid der Wes­kus­waar­he­de.

Op Hon­de­klip­baai is wat jy sien, oog­lo­pend wat jy kry, maar pre­sies wát jy kry uit ’n dor­pie wat hier op ’n klip­pe­ri­ge kus uit­ge­spoel het soos die frag­men­te van her­in­ne­rin­ge aan ’n on­her­berg­sa­me droom wat jy nooit ge­had het nie, is on­dui­de­lik.

Hon­de­klip­baai is die laas­te a­sem van ’n naam wat uit­ge­blaas is oor ’n koue o­se­aan. Hon­de­klip­baai is ’n ode aan niks en nie­mand nie. Hon­de­klip­baai gaan nie som­mer K­wê­la se Dorp van die Jaar word nie.

Op Hon­de­klip­baai is daar ui­ter­aard ’n k­lip na­by die po­li­sie­sta­sie wat met heel­wat ver­beel­ding lyk na ’n soort mops­hond­leeu wat op sy voor­po­te lê. Op Hon­de­klip­baai is al­les na­by aan die po­li­sie­sta­sie.

“You shall lo­ve your crook­ed neigh­ bour / With your crook­ed he­art” het Wil­li­am H. Au­den ge­dig. Op Hon­de­klip­baai is dit al ge­na­de, want hier is jou buur­man waar­ag­tig jou naas­te.

Op Hon­de­klip­baai ver­skyn ’n ge­moe­de­li­ke oom van Ga­ries wat in die hut langs jou­ne bly, skie­lik met ’n mag­ti­ge boep langs jou braai­vleis­vuur en ge­sels of hy fa­mi­lie is. Op Hon­de­klip­baai kon ons eers kreef in die han­de kry toe ons op die punt was om te ver­trek – die ein­ste oom van Ga­ries het dit ge­re­ël.

MAAR OP HON­DE­KLIP­BAAI het ek en Wyn­and en D­ries ag­ter­ge­kom hoe baie ons nog vir me­kaar te sê het. In die Hon­ne­pon­dok­kies – vol­slae self­sor­g­hout­hut­te met ’n dap­per rooi We­ber wat soos ’n blik­sol­daat voor el­ke pon­dok­kie oor die see en aan­gren­sen­de sper­ge­bied wag­hou – wys elk­een nood­ge­dwon­ge weer sy wa­re kleu­re nes des­tyds op veld­skool, by die Kja­kamp of in die kos­huis. Dis in sul­ke be­vreem­den­de ruim­tes waar die le­we saam met die reg­te men­se in ’n sit­kom kan ver­an­der.

In die Hon­ne­pon­dok­kies kon ek en Wyn­and en D­ries weer in ons ou rol­le glip. En dis wan­neer jy daar­die ou rol speel dat jy ’n slag weer voel soos die snaak­se, ge­luk­ki­ge en sor­ge­lo­se ou wat jy eens tog dik­wels was. Dan be­sef jy ook dat jy een van jou guns­te­ling­sel­we net kan wees in die ge­sel­skap van se­ke­re on­ver­vang­ba­re ou vrien­de.

Van­dag dink ek met die soort on­be­skaam­de nos­tal­gie wat ge­woon­lik net jeug­her­in­ne­rin­ge be­sko­re is, te­rug aan ’n laas­te kop­pie troos in die Gal­le­ry­kof­fie­win­kel, waar ’n ver­roes­te ou BMX by die in­gang bo ’n oop toi­let hang wat in die sand as ’n blom­bak staan­ge­maak is. Uit die toi­let­bak groei vet­plan­te.

Op die stoep van die Gal­le­ry, langs ’n ge­ïn­spi­reer­de rooi kla­vier, het ’n oom som­mer by ons kom sit en ge­sels. Sy twee toy poms het stroop­soet langs hom op die ban­kie gaan lê.

Die oom met die sag­moe­di­ge grys snor het ver­tel hy het op Hon­de­klip­baai kom af­tree, want hy het ge­noeg ge­had – van skar­rel en skelms en wor­ry.

Is Hon­de­klip­baai dus so vei­lig soos wat dit af­ge­leë is? “Ja!” sê die oom met ’n glim­lag. “Twee jaar ge­le­de was daar net een in­braak op Hon­de­klip­baai. Toe neem ’n nu­we po­li­sie­kap­tein oor, ’n ga­we ou, en soos die dui­wel dit wil hê, is daar toe ver­le­de jaar twéé in­bra­ke. Nou moes die nu­we kap­tein in Kim­ber­ley gaan ver­dui­de­lik hoe­kom daar ’n 100% sty­ging in mis­daad was.”

TOE ONS NÁ DIE GE­LAG uit­kyk aan die Gal­le­ry se see­ro­wer­vlag ver­by tot an­der­kant die stil ou kreef­fa­briek, kon ons Hon­de­klip­baai deur die oom se oë sien.

En net daar loop drie mak al­pak­kas na­der, want in die ag­ter­plaas van hier­die Gal­le­ry maak ’n paar ab­sur­de die­re on­der stil­le be­ge­lei­ding van ’n rooi kla­vier ab­so­luut sin. “’n Al­pak­ka loop in by ’n kof­fie­kroeg...” is nie die be­gin van ’n grap­pie op Hon­de­klip­baai nie.

“Kyk, La­ma – la­mas!” het D­ries vir my ge­sê. (D­ries is die ou wat my een laat­aand na­dat ek pê­rels van groot wys­heid ge­deel het, die “Da­nie La­ma” ge­doop het: “Jy weet, ná ’n paar dran­kies ver­an­der jy in die Da­nie La­ma. En dan kan ek niks wat jy sê, meer erns­tig op­neem nie.”)

“Dis al­pak­kas,” het ek hom reg­ge­help. “To­ma­toes, to­ma­toes,” het D­ries ge­sê. “Ons moet ’n fo­to neem.”

Wan­neer ek nou na daai fo­to kyk, oor­val kos­ba­re stuk­ke Hon­de­klip­baai­zen my. Wyn­and se vrou was reg: Her­ma­nus is nié Hon­de­klip­baai nie. Soms is ’n kui­er op ’n plek so ver en woes ge­leë die e­nig­ste ma­nier om te ont­hou wie jy was en wie jy nog soms mag wees.

Die drie En­gel­se in­wo­ners het ons nooit ont­moet nie. ’n Mens kan nie al­les glo wat Wi­ki­pe­dia sê nie.

‘ ’n Klein eks­pe­di­sie bui­te ons ge­mak­so­ne is dalk net wat ons no­dig het. En toe klink Hon­de­klip­baai vir hom na baie ver bui­te e­ni­ge ge­mak­so­ne.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.