Mark In Dur­ban is die Mor­ning Tra­de­mark dié plek om te wees

Dur­ba­nie­te weet al waar om op ’n Son­dag­og­gend aan te klop as ’n lus vir vars, tuis­ge­maak­te, plaas­li­ke kos hul­le oor­val: The Mor­ning Tra­de-mark in die kook­wa­ter S­ta­sie­dis­trik.

Weg! Platteland - - Inhoud - TEKS JO­HAN VAN ZYL FO­TO’S PE­TER VAN NOORD

Van mark­te kan jy die voor­ma­li­ge sjef en self­er­ken­de lek­ker­bek An­na Sa­va­ge bit­ter­min ver­tel.

Dié stig­ter en ei­e­naar van die ge­wil­de I He­art­mark wat die af­ge­lo­pe ne­ge jaar op die eer­ste Sa­ter­dag van el­ke maand in die Mo­ses Ma­bhi­da­sta­di­on ge­hou word, het vier jaar ge­le­de ge­voel die in­wo­ners van Sen­traal­dur­ban wat graag vars, eer­li­ke, tuis­ge­maak­te, plaas­li­ke spe­si­a­li­teits­kos wil koop (en dit nié in ’n on­per­soon­li­ke in­ko­pie­sen­trum wil doen nie), het aan­sien­lik min­der keu­ses as by­voor­beeld in die plat­te­land van K­wazu­lu­na­tal. Vir An­na was daar net een lo­gie­se op­los­sing: Be­gin ’n kos­mark.

Nou maak stap­pers, draw­wers, fiets­ry­ers, swem­mers, bran­der­plank­ry­ers, ge­sin­ne, ge­sond­heids­be­wus­tes en smul­pa­pe Son­dag­og­gen­de ’n draai in die S­ta­sie­dis­trik – ’n buurt waar ál meer kre­a­tie­we men­se nes­skop en werk – vir kof­fie en ont­byt, al­ler­lei vars en in­ge­maak­te pro­duk­te, vars brood en ge­bak, weg­neem­kos vir mid­dag­e­te of ge­woon ’n goeie kui­er­ses­sie.

’n Ver­de­re bo­nus: Daar is oor­ge­noeg par­keer­plek op ’n Son­dag; die pak­huis waar dit aan­ge­bied word, is lek­ker kom­pak; die stal­le­tjies nie te veel nie; en die uit­stal­lers is trots op hul­le pro­duk­te. Dis ’n be­son­der jo­li­ge én ’n be­son­der rus­ti­ge af­fê­re – nes Dur­ban self.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.