My soort spits­ver­keer

Weg! Platteland - - Inhoud - Su­e­net­te Kot­ze, MOOR­REES­BURG

Ek is ’n ge­meng­de­prak­tyk­vee­arts wat werk op Moor­rees­burg en Dar­ling (twee prak­ty­ke wat be­sit word deur die Ty­ger­berg­se Die­re­hos­pi­taal). Daar­om is ek baie op die pad tus­sen die twee dor­pe en kom dik­wels op die pla­se in dié dis­trik.

Van­dag was ek op die grond­pad tus­sen die twee dor­pe, op pad om ’n kli­ënt se ram­me te gaan toets vir vrug­baar­heid. Ek was eint­lik ’n bie­tjie haas­tig, maar kom toe af op dié trop lam­mers van die plaas Vy­e­kraal wat van hul­le kamp af aan­ge­jaag word werf toe.

En skie­lik het ek hier­die ge­voel ge­kry van hoe ge­se­ënd ek is, want ek sal veel eer­der ag­ter ’n klomp mooi vet lam­mers sit as wat ek in die stad in spits­ver­keer sit.

Ons boe­re kry tans swaar met die droog­te, maar ’n mens voel so be­voor­reg om deel te wees van die on­ge­loof­li­ke land­skap om ons – om te woon in die Swart­land, waar men­se nog vir me­kaar om­gee en weet waar ons hulp van­daan kom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.