TOE VIND ONS DIE ‘BOKHEMEL’ OP B’BOS

Weg! Platteland - - Inhoud - Mar­tin B­riggs, ONRUSRIVIER

Ek het die ar­ti­kel oor Baard­skeer­ders­bos in die Len­te 2017-uit­ga­we met groot be­lang­stel­ling ge­lees. Toe ek nog ’n stu­dent was aan die U­ni­ver­si­teit van Kaap­stad, het ek al­tyd by af­ge­leë plek­ke reg oor die Wes-kaap gaan kamp, en só be­land ek toe in 1969 op dié ou­li­ke dor­pie.

Des­tyds was Baard­skeer­ders­bos ’n af­ge­son­der­de ge­meen­skap, en ek ont­hou nog so goed die ou­tyd­se kap­pies wat die vroue ge­dra het toe ek die Son­dag daar op­daag.

Par­ty men­se be­weer die kort “B’bos” is iets wat mo­der­ne En­gel­se men­se be­dink het om­dat “Baard­skeer­ders­bos” net te moei­lik is om uit te spreek, maar my vrou, Sue (née Mol­loy), het toe haar tant Bid­dy ge­bel. Sy is nou om­trent 80 jaar oud en het al­tyd by Sue se ou­pa F­re­de­rick Jack­son Finch Eccles­to­ne op sy plaas na­by Pe­ar­ly Be­ach gaan kui­er. Bid­dy sê toe sy ont­hou goed men­se het toe al die plek B’bos ge­noem.

Toe ons in 2012 weer die plek­kie be­soek om te kyk hoe die Pe­ar­ly Be­ach-plaas en Baard­skeer­ders­bos dees­dae lyk, kom ons af op dié bok wat ko­ning kraai in die “bokhemel”.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.