Hoe be­gin jy ’n ge­meen­skap­s­tuin?

Hier­die ba­sie­se pun­te en vrae sal jou help om jou i­dee ’n werk­lik­heid te maak.

Weg! Platteland - - Gemeenskapstuine -

1Is daar ’n be­hoef­te aan ’n ge­meen­skap­s­tuin? Wie sal voor­deel trek? Wie sal be­trok­ke wees? Wie sal dit on­der­steun?

2 Re­ël ’n ver­ga­de­ring met al­le par­tye wat moont­lik sal be­lang stel, be­trok­ke raak en op­ge­won­de wees oor die ge­dag­te: ge­meen­skaps­or­ga­ni­sa­sies, kos­ske­mas of sop­kom­bui­se, tui­niers en tuin­ver­e­ni­gings, bu­re, fa­mi­lie, vrien­de, huur­ders, die mu­ni­si­pa­li­teit... Bring ’n be­plan­nings ko­mi­tee op die been wat spe­si­fie­ke ta­ke kan aan­pak (soos geld­sa­ke, bou­werk, kom­mu­ni­ka­sie) en, be­lang­rik, kies ’n be­dre­we ko­ör­di­neer­der.

3 Be­plan – en wees spe­si­fiek. Jy het ’n dui­de­li­ke vi­sie, mis­sie, kort­en lang­ter­myn­doel­wit­te, en ba­sie­se re­ëls no­dig as jy wil hê ’n groot groep men­se moet in ’n spe­si­fie­ke rig­ting be­weeg. Hoe sal die werk ver­deel word? Wie sal kwa­li­fi­seer vir gra­tis groen­te? Wie sal moet be­taal? Hoe werk be­sluit­ne­ming?

4 Wat­ter vaar­dig­he­de en hulp­bron­ne is in die ge­meen­skap be­skik­baar? (Ge­sels met boe­re, tui­niers, nie­re­ge­rings­or­ga­ni­sa­sies, die mu­ni­si­pa­li­teit.)

5 Waar gaan die tuin se geld van­daan kom – dalk sken­kings? Dink aan e­nig­iets van ge­reed­skap en hei­nings tot arbeid, saad, kom­pos en voe­ding. Vry­wil­li­gers is sel­de ’n lang­ter­myn­op­los­sing.

6 Kies ’n plek. Wie gaan die grond skenk of ver­huur? Ont­hou, groen­te het min­stens ses uur son­lig per dag no­dig, die grond moet goed voor­be­rei word, én jy het wa­ter no­dig.

7Wie gaan die tuin be­plan en ont­werp? Wie gaan die ter­rein skoon­maak, voor­be­rei, ont­wik­kel en on­der­hou? Min men­se is gaan­de oor spit en skof­fel, maar ve­le han­de maak lig­te werk. Weer eens: Men­se wat werk­loos én hon­ger is, kan nie net met vars pro­duk­te ver­goed word nie.

8 Moe­nie op loop gaan nie: Hou din­ge eer­der klein en be­heer­baar, ver­al aan die be­gin.

9 Reik uit na die ge­meen­skap. Oor­weeg ’n spe­si­a­le on­der­rig­deel vir kin­ders, be­gin tuin­toe­re of ’n mark en hou ge­leent­he­de vir groe­pe.

10 Die sleu­tel­woord is kom­mu­ni­ka­sie. Bly in kon­tak met plaas­li­ke koe­ran­te en be­gin ’n Fa­ce­book­blad, e­pos­nuus­brief of W­hat­sapp­groep om die ge­meen­skap op die hoog­te te hou oor wat in sei­soen is, spe­si­a­le aan­bie­din­ge, en fonds­in­sa­me­lings­ge­leent­he­de.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.