Bê­re saad só

Weg! Platteland - - Saadbewaring -

TOETS OF DIT DROOG IS Vol­gens Se­an moet die vog­in­houd van saad on­der 7% wees, an­ders gaan dit muf. Maar as dit on­der 4% is, sal die saad vrek. Jy kan ’n vog­me­ter koop, maar die ha­mer­toets is veel goed­ko­per.“sit by­voor­beeld ko­ring­saad op ’n har­de op­per­vlak en tik met ’n ha­mer daar­op – as jy hom pap­slaan, is hy te vog­tig, maar as hy ver­krum­mel, is hy droog ge­noeg. Toets pam­poen­saad deur dit te buig – hy moet knak en skoon af­breek, en nié in ’n U-vorm buig nie."

KYK VIR GOGGAS“As jy ver­moed jou saad is vol ka­lan­ders of my­te, laat hul­le vir ’n paar uur in die son lê voor jy dit bê­re,” sê Ko­bus. “Jy kan ook hout­as by die saad gooi om goggas weg te hou.”

MERK JOU SAAD Sit die droë saad in koe­vert­jies, plas­tiek­sak­kies of lug­dig­te plas­tiek­bak­kies en maak se­ker jy merk elk­een be­hoor­lik: die soort saad, in­lig­ting oor die lig­ging in die tuin, en die oes­da­tum.

“’n Mens dínk jy sal ont­hou wat­ter saad in wat­ter koe­vert is, maar el­ke keer as ek die fout maak om nie neer te skryf nie, mis­gis ek my met wat daar­in is – skor­sie-, blaar­slaai-, ta­ma­tie- en ris­sie­saad lyk i­den­ties as dit droog is,” sê S­han­non.

KYK NA DIE TEMPERATUUR“Saad moet jy soos rooi­wyn bê­re: in ’n koel, don­ker plek. ’n Ou ys- of vries­kas werk goed om­dat dit goeie i­so­le­ring het én knaag­die­re en in­sek­te uit­hou,” sê Ko­bus. Jou hou­er moet lug­dig wees so­dat geen goggas daar kan in­kom nie – sit ’n paar lou­rier­bla­re of selfs ’n paar si­li­ka­sak­kies uit me­di­sy­ne­hou­ers by om dit droog en son­der goggas te hou, is Sue se raad. Moe­nie dit na­by ’n ver­war­mer, ven­ster of klam plek soos ’n was­ka­mer hou nie.

HOE LANK SAL DIT HOU?“Groter saad soos boon­tjies en mie­lies kan jy om­trent on­be­paald bê­re. Dis die klei­ne­res soos wor­tels, pie­ter­sie­lie en wit­wor­tels wat el­ke sei­soen aan­ge­vul moet word,” sê Sue.

“Hoe ster­ker die ris­sie, hoe kor­ter die le­wens­duur van die saad, en hoe o­lie­ri­ger die saad (son­ne­blom, so­ja, grond­boon­tjie), hoe gou­er sal dit ver­gaan – hier kyk ’n mens na om­trent 2 jaar,” sê Se­an.“maar van my ta­ma­tie­saad het al 10 jaar ge­hou op ’n koel plek, en my ont­kie­ming­sy­fer is 90%. Mie­lies, ko­ring en gort kan vir tot 40 jaar hou, en bone vir 4-5 jaar.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.