S­pi­na­sie­pan­ne­koek met mi­sos­am­pi­oe­ne

Weg! Platteland - - Kook Met Spinasie -

Ge­noeg vir 4 Be­rei­dings­tyd 15 mi­nu­te Gaar­maak­tyd 15 mi­nu­te

Sit hier­die groen pan­ne­koe­kies voor vir ’n ge­so­fis­ti­keer­de ont­byt. Ek het die be­slag die aand voor die tyd in my Nu­tri­bul­let ge­maak – in die tyd wat dit neem om ’n smoo­thie te maak – maar e­ni­ge ver­sap­per sal die werk doen.

JY BENODIG

• 1 kop­pie (250 ml) ge­kap­te spinasie • 1 kop­pie (250 ml) kar­ring­melk • 1 groot ei­er • 1 eet­le­pel (15 ml) o­lyf­o­lie • 1 kop­pie (250 ml) koek­meel • 1 tee­le­pel (5 ml) bak­poei­er • ½ tee­le­pel (2,5 ml) koek­so­da • ½ tee­le­pel (2,5 ml) sout • ½-1 kop­pie (125-250 ml) wa­ter • bot­ter om te braai

VIR DIE MI­SOS­AM­PI­OE­NE • 4 eet­le­pels (60 ml) bot­ter • 250 g sam­pi­oe­ne van jou keu­se – bruin-, kno­pie- of ek­so­tie­se sam­pi­oe­ne • 1 eet­le­pel (15 ml) mi­sos­meer • 1 knof­fel­hui­sie, fyn­ge­druk • 4 tak­kies vars tie­mie

SÓ MAAK JY

Gooi die spinasie, kar­ring­melk, ei­er en o­lyf­o­lie in ’n ver­sap­per en pols dit tot glad. Voeg die droë be­stand­de­le en ½ kop­pie (125 ml) wa­ter by en pols al­les nog ’n paar keer saam tot ge­meng.

S­melt ’n klont­jie bot­ter in ’n pan en gooi on­ge­veer ¼ kop­pie (60 ml) be­slag in die middel van die pan. In­dien die meng­sel te dik lyk, voeg nog wa­ter by. Draai die pan­ne­koek om so­dra dit goud­bruin aan die on­der­kant is, en braai die an­der kant tot gaar. Hou die gaar pan­ne­koe­kies een­kant.

MAAK DIE SAM­PI­OE­NE S­melt die bot­ter in ’n pan. Braai die sam­pi­oe­ne oor ’n hoë hit­te daar­in tot goud­bruin (in­dien jy groot sam­pi­oe­ne ge­bruik, kap dit fy­ner). Roer die mi­so, knof­fel en tie­mie deur die sam­pi­oe­ne en sit dit da­de­lik voor saam met die spi­na­sie­pan­ne­koe­kies.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.