Wat is ’n paar nul­le tus­sen vrien­de?

Weg! Platteland - - Briewe - Mi­ke du P­les­sis, LOEVENSTEIN, Bell­vil­le

Dan­kie vir die ster­re­ky­k­ar­ti­kel in julle So­mer 2017­’ 18­uit­ga­we – dis net jam­mer die skry­wer gaan so roe­ke­loos met die nul­le en be­grip­pe om!

Som­mer in die der­de sin word be­weer die Melk­weg is 100 000 lig­ja­re weg. Weg van wat? As die Aar­de op een van die Melk­weg se spi­raal­arms is, is dit tog deel van die Melk­weg. Die Melk­weg is daar­die af­stand in deur­snee – nie “weg” van ’n deel­tjie van dit­self (die Aar­de) nie!

Ver­der word die mid­del­punt van die Melk­weg aan­ge­gee as so­wat 26 mil­joen lig­ja­re weg van ons – dit is so­wat 250 keer ver­der as wat die skry­wer be­weer het die Melk­weg self van ons af is!

As die be­doe­ling was om le­sers te laat sug en oë rol, het die skry­wer daar­in ge­slaag. Maar aan die an­der kant: Wat is ’n paar mil­joen­mil­jard­tril­joen nou tus­sen vrien­de?

Ons is diep dank­baar vir op­let­ten­de le­sers soos jy, Mi­ke, maar dit was in­der­daad ’n ver­taal­fout en nié die skry­wer s’n nie. Die sin moes ge­lui het die Melk­weg “strek oor” 100000 lig­ja­re. Dan maak die res van die in­lig­ting in­der­daad sin. Ons vra om ver­sko­ning vir die fout. – Reds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.