Weg! Platteland

WAAR’S VENTERSTAD EN OVISTON DAN?

- Jacs Pretorius

Die skrywer van die artikel oor die Gariepdam in die Lente 2017-uitgawe van Platteland vertel nie die volle verhaal nie.

Gariepdam en Norvalspon­t lê aan die oewer van die dam, maar Burgersdor­p is 70 km van die dam af. Daar word ook niks gesê van Venterstad of Oviston nie, wat ook op die oewer lê.

Oviston is die dorpie waar die water van die Gariepdam ingelaat word om met die 84 km lange Oranje-vistonnel naby Cradock in die Visrivier uit te loop en van daar af met verdere tonnels tot by Port Elizabeth.

Van Oviston af draai die pad noordwaart­s na Bethulie, die dorp in Suid-afrika wat die meeste naamsveran­derings ondergaan het en waar die langste gekombinee­rde pad en spoorbrug die bodeel van die dam kruis. Hier is ook ’n kampkerkho­f waar daar gedurende die Anglo-boereoorlo­g 1737 vroue en kinders gesterf het. As gevestigde dorp beskik Bethulie oor die boekehotel waar 120000 boeke en 80000 plate geberg word.

Van Bethulie af draai die pad weswaarts na die Gariepdam. Die volle roete om die dam beloop sowat 160 km.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa