Só is die le­we

Ryno Ek­steen ont­hou die dag toe hy sy guns­te­ling­hoen­der vir die ba­saar moes skenk

Weg! Platteland - - Contents - ILLUSTRASIE DIEK GROBLER

Ma hang soos ’n vink aan die Ford Fai­r­la­ne se stuur­wiel. Dis Pa met sy lang be­ne wat die sit­plek so ag­ter­toe skuif. Ma los dit net so. ’n Sit­plek skuif mos mak­li­ker ag­ter­toe as vo­ren­toe. Die ga­ping tus­sen haar en die rug­leu­ning is groot ge­noeg so­dat ek daar kan staan, maar ek mag nie. Ons moet mooi ry van­dag, want ek het ’n baie spe­si­a­le pas­sa­sier op my skoot.

Wan­neer Ma vir men­se waai, is dit soos kon­sert hou. Sy roep die naam van elk­een langs die pad hard­op uit, al kan hul­le haar nie hoor nie. Vir die men­se regs van ons waai sy met haar lin­ker­hand; vir dié aan die lin­ker­kant waai sy met die reg­ter­hand. Sy werk haar waai­e­ry oor­kruis. Nes sy soms wys ons gaan links draai, dan gaan sy regs.

Pa waai an­ders. Hy lig net sy wys­vin­ger van die stuur­wiel af en laat dit weer sak. Hy ry eint­lik net Son­dae met die kar: kerk toe en as ons gaan kui­er.

Son­dae ry ons so twin­tig voor tien in dorp toe. Dan sit ek in die middel op die ag­ter­sit­plek, met ’n groot das­knoop en ’n frons. In die kerk staan “God is Lief­de” op die kan­sel­kleed ge­bor­duur. Op die lap se ran­de is pa­tro­ne in goue draad ge­vleg. Ek won­der al­tyd hoe­veel ure se werk in daar­die ta­pis­se­rie in­ge­gaan het. S­te­kie vir s­te­kie. Was dit ’n lief­destaak van ’n ge­meen­te­lid? Kry haar ge­sin vry­pas om vir die res van hul­le le­we, Son­dag ná Son­dag, son­der kol­lek­te kerk toe te kom? Of is dit mis­kien die han­de­werk van daai vrien­de­li­ke oom wat in die huis na­by die si­lo’s bly? Ma sê hy brei sy eie truie.

Ter­wyl die diens aan die gang is, ver­kyk ek my al­tyd aan die or­rel­py­pe. Hul­le is in ’n pa­troon ge­pak tot by­na teen­aan die dak. Soms tel ek hul­le tot by ses-en-twin­tig. An­der ke­re kom ek by ne­ge-en-ses­tig. Wan­neer my oë be­gin swem tus­sen die reg­op ly­ne en die o­pe­nin­ge na­by die skerp pun­te waar hul­le a­sem­haal, be­gin ek weer van voor­af tel. Pa sê die vo­ri­ge do­mi­nee se kin­ders was soos or­rel­py­pe, maar ek ken nie­mand met so­veel kin­ders nie.

Pa sit al­tyd toe-oë en luis­ter na die preek en suig en kou aan Xxx-pe­per­men­te. Ek het een­keer ge­neul om ook ’n lek­ker­tjie te kry. Pa het in sy baad­jie se bin­ne­sak ge­gra­we en son­der om sy oë oop te maak vir my so ’n klein ron­de e­ne­tjie ge­gee. Ek het be­gin hoes en bui­te het Ma my laat op­gooi. Op pad huis toe het my sus­ters ge­gig­gel. By die twee­de mo­tor­hek het Ma ge­sê Pa moet ver­sig­ti­ger wees met my: “En maak oop jou oë as jy met die kind praat.”

Mot­bol­le lyk baie soos pe­per­men­te.

VAN­DAG IS ONS OP PAD DORP TOE vir die ba­saar in die kerk­saal. Die twee mei­sie­kin­ders sit ag­ter met een­der­se rok­ke. Ma sê die kerk het ve­le be­hoef­ti­ges wat ge­help moet word, maar sy dink 1978 se ba­saar gaan baie maak. Toeks, my rooi­bruin au­stra­lorp-hen, sit stil op my skoot. Sy is vir die ba­saar. Sy is broeis en daar­om op haar mooi­ste. Toe ek haar in die hok gaan haal en my hand on­der haar warm ve­re in­druk, het sy haar op­ge­pof en lig­gies aan my hand ge­pik. Ma sê ’n mens gee net jou mooi­ste vir die He­re.

As jy ’n hoen­der se kop on­der haar vlerk in­druk, bly sy net so lê. Ek het al der­tig hoen­ders só op die werf laat lê. Wit en bruin en swart hoen­ders deur­me­kaar, en ’n koe­koek of twee. Een­dag roep ek vir Ma om te kom kyk.

Sy speel al­tyd so lek­ker saam: “Nou wat kan dit wees wat hul­le so laat lê? Dink jy hul­le slaap net ’n bie­tjie?”

“Ek weet nie, Mam­ma. Toe ek weer sien, toe land hier ’n lug­skip wat groter is as een van Pa se melk­lor­ries en men­se wat soos ko­ny­ne lyk het met die hoen­ders ge­praat en toe gaan lê hul­le.”

“O,” het Ma ge­sê. Sy het by ’n hen ge­kniel en haar ve­re ge­stryk. Die hen­ne­tjie het op­ge­spring, ver­ward rond­ge­kyk en on­sig­ba­re saad­jies op die grond be­gin pik. Toe vroe­tel ek en Ma al die hoen­ders se kop weer on­der hul­le vlerk uit. Ons het ge­lag en niks daar­van vir Pa ge­sê toe hy van die lan­de af te­rug­kom nie.

Ma kla bai­e­keer ek pla haar hoen­ders wat moet lê, maar ek en die hen­ne ver­staan me­kaar. Ek gaan graag hoen- der­hok toe. Ek bod­der nie veel met die leg­horns nie. Al lê hul­le die mees­te ei­ers, broei die an­der soor­te be­ter. As ek mooi vra, sal my staat­ma­kers vir my e­ni­ge ei­er uit­broei. Laas­jaar het die ein­ste Toeks ’n ta­ren­taalkui­ken uit­ge­broei van ’n ei­er wat ek by die ri­vier op­ge­tel het. Ma het ge­sê ek mors my tyd, die ei­er is waar­skyn­lik vrot, maar een-en-twin­tig dae la­ter het die ta­ren­taal tus­sen elf hoen­der­kui­kens on­der Toeks se vlerk ge­sit. Hy was ’n voor­ba­ri­ge en a­stran­te vo­ël. Ek was bang vir hom. Maar tog ook lief vir hom. Al die kol­le­tjies. Toe ek ma­sels kry, kon ek vir ’n lang tyd nie bui­ten­toe gaan nie. Ek moes net in my ka­mer lê met die gor­dy­ne dig toe­ge­trek. Ek het my ver­luis­ter aan al die werf­ge­lui­de. Op ’n dag kon ek nie meer die ta­ren­taal hoor nie. Daar­die aand het ek ge­hoor hoe Pa sê wilds­vleis smaak nou maar net an­ders in ’n pas­tei.

DIE KERK­SAAL IS VOLGEPAK met men­se. Ek hoop ek wen die loot­jie om vir Toeks te­rug te kry. Ek het geld vir vyf kaart­jies as ek niks an­ders koop nie. Ma sê die kans is skraal; ’n mens moe­nie jou hoop op dob­bel sit nie. Ek kyk nie eens in die rig­ting van die kin­der­ta­fel nie. Ge­luk­kig sal Ma ge­noeg poe­ding koop om saam te neem huis toe. Sy’t ’n he­le paar leë Tup­per­wa­re­bak­ke saam­ge­bring.

“En hoe­kom hou jy die klong se hand so vas?” vra ’n tan­nie vir Ma na­dat sy al­les ver­tel het wat die dok­ter sê haar ma­keer. “Hy’s oud ge­noeg om self te loop.” Ek gaan staan ag­ter Ma. “Nes ’n hans­lam,” sê die tan­nie en loop weg. Ma hurk en troos dat Haas Das se

Nuus­kas van­aand weer op te­le­vi­sie wys. Aan die be­gin het ons by men­se op die dorp gaan te­le­vi­sie kyk – beeld­ra­dio, soos hul­le dit ge­noem het. Pa het ge­sê ons kan ’n te­le­vi­sie kry as daar een­dag ont­vangs op die plaas is vir die an­ten­na. ’n Paar dae lank het men­se op die werf rond­ge­loop met lang stok­ke en toets­bok­sies, knop­pies en bat­te­ry­kof­fer­tjies, en dra­de en py­pe – soos ’n klein blaas­or­kes op soek na ’n wy­sie. In die middel van die hoen­der­hok was wel ’n sterk sein, maar Pa het ge­sê hul­le moet ver­der soek. Ek het al ge­sien hoe sit die hoen­ders en kyk

Red­ding In­ter­na­si­o­naal. Vir my is S­wel­len­dam so in­ter­na­si­o­naal as kan kom. Ons plaas is my he­le Suid-a­fri­ka.

Die e­nig­ste an­der plek waar ons ’n sein kon kry, was in ons voor­tuin, tus­sen die kap­per­tjies en die slak­ke. Op ’n lang paal het hul­le ’n ding vas­ge­maak wat soos ’n vlie­ër lyk, maar son­der pa­pier en ’n stert, net die ge­raam­te. Pa het ge­sê hy doen dit vir ons; nou kyk hý tot die vlag waai, die in­ry op Ri­vers­dal s­kie­lik ver­ge­te.

BY DIE BA­SAAR loop plaas- en dorps­men­se nou deur­me­kaar en praat oor en weer. Pa is uit­ein­de­lik ook hier. Hy het een van sy ska­pe met die bak­kie in­ge­bring. Ek sien hy praat sag­gies met die do­mi­nee. My oog bly op Toeks in haar hok. Ek wil niks an­ders as vir haar te­rug­wen nie. Pa kom sê Toeks lyk mooi. Ek kyk weg. Ek is kwaad vir Pa. Hy weet ek weet my ta­ren­taal is nie he­mel toe nie. Hý het hom op­ge­ëet.

Die do­mi­nee klim op die ver­hoog, maak keel skoon. Die looi­tjie­trek­ke­ry gaan be­gin. Die men­se raak stil. Oom Fou­rie, die hoof­ou­der­ling, gaan staan langs Do­mi­nee om hand by te sit. Hul­le be­gin by Toeks. Die do­mi­nee steek sy hand in die boks en trek ’n looi­tjie, maar nog voor oom Fou­rie kon vra wie se nom­mer dit is, het Do­mi­nee Pa se naam uit­ge­roep.

‘ Toeks is vir die ba­saar. Sy is broeis en daar­om op haar mooi­ste. Toe ek haar in die hok gaan haal en my hand on­der haar warm ve­re in­druk, het sy haar op­ge­pof en lig­gies aan my hand ge­pik. Ma sê ’n mens gee net jou mooi­ste vir die He­re.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.