SA Kaasfees, Stellenbosch
27-29 April
Proe Suid-afrika se voortreflikste kaas en wyn en ander lekkernye by die 17de SA Kaasfees, wat glo nou die grootste buitelug-kosgebeurtenis in Afrika is. Koop jou kaartjies vooraf – geen kaartjies is by die hekke beskikbaar nie. WAAR? Sandringham, langs die N1 by afrit 39. TYD 10:00 tot 18:00. PRYS R180 p.p.p.d. (R120 vir senior burgers; R20 vir kinders 2-13 jaar) by Computicket. KONTAK cheesefestival.co.za 021 975 4440