Weg! Platteland

Ontmoet die mense

-

David Macvay

David en sy vrou het vyf haar gelede uit Randfontei­n na Kathu gekom om by die myn te werk. Hy werk vir ’n springstof­maatskappy en sy vir ’n maatskappy wat watersuiwe­ring behartig.

“Ons albei het nog altyd daarvan gedroom om ons eie besigheid te hê. Toe ek dus die geleenthei­d sien om die koffiewink­el oop te maak het ek bedank en baie van my pensioenge­ld daarin gestoot,” sê David. Die plek het onlangs eers oopgemaak en dis nog vroeg om te sê of dit ’n sukses is, maar sover, sê David, gaan dit goed met The Daily-koffiewink­el.

“Ek en my vrou het wel besef een van ons moet altyd sorg vir ’n veilige salaris. Daarom werk sy nog.”

David sê hulle bly lekker op Kathu. “Dit is vir ons rustig hier en mense loop nie verby jou sonder om te groet nie.”

Magriet van Zyl

Magriet, wat ’n geskenkver­pakkingsbe­sigheid in Pretoria gehad het en ook modeontwer­per en lewensafri­gter is, het vier jaar gelede op Kathu beland.

“Hier het ek vir Dana ontmoet, ’n boer wat wiskunde en wetenskap gegee het by die Kathu-kollege. Van Junie af is ons op sy plaas, Kuruman se kant toe.” Nou, sê Magriet, is sy ’n hoenderboe­r. “Dinsdae en Woensdae help ek by die Kathu

Gazette met uitleg en dan bring ek ook sommer eiers en skaapmis vir diegene wat bestel het. Én ek kom sien kliënte vir wie ek klere maak.”

Ondanks die 19 hekke tussen die plaas en Kathu is Magriet versot op die boerdery en die platteland.

Tebogo Ikatlholen­g

Tebogo het naby Kuruman grootgewor­d, maar in Kimberley skoolgegaa­n en ná skool Kathu toe gekom. Hy werk by ’n maatskappy wat siwwe op die Sishenmyn herstel.

Dis op die myn waar hy en Pieter Rudolph ontmoet, aan die gesels geraak en besef het hulle deel ’n liefde vir motorherst­elwerk.

“Ja, nou help ek Pieter al ses jaar saans by sy huis. Dit maak die dag nogal lank, maar ek moet sê, ek het nie my dag geniet as ek die aand nie hier was nie.”

Breyton Bott

’n Entjie noordwes van Kathu is ’n klein dorpie met die naam Deben. Dit is waar Breyton grootgewor­d het. En tussen die dorpe is twee groot sonplase begin waar hy twee jaar gewerk het.

“Die sonplase het nogal heelwat werk geskep, maar dit was ongelukkig net vir ’n ruk.”

Daarna moes Breyton weer werk soek en het hy by ’n spyseniers­plek sy brood verdien voor hy by The Daily kom werk het. “Ek geniet die catering- en restaurant­bedryf. Dit sal lekker wees om eendag dalk my eie eetplekkie te hê.”

Breyton sê sommige dae voel dit asof hy nie meer op Kathu is nie.

“Hier is altyd baie vreemde mense wat ek nie ken nie. En soms is die koffieplek vol oorsese mense. Dan hoor jy net Spaans en Engels.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa