Weg! Platteland

Mooi getooi

-

Belinda Matthee (foto) van Koringberg het die saadkissie vir ons geverf. Sy verduideli­k hoe sy te werk gegaan het.

INKOPIELYS

• fyn skuurpapie­r • 1 flessie (100ml) elk groen en swart Annie Sloan-verf (ek het die kleure Antibiotic­s en Graphite gebruik) • ongeveer 8 eetlepels (120ml) Clear Wax, ook van Annie Sloan • eiervrugst­ensil (ek het ’n prent op die in

ternet gekry en uit harde plastiek laat sny)

SÓ MAAK JY

1 Skuur die buitekant van die saadkissie en die binnekant van die deksel liggies met fyn skuurpapie­r en vee dit skoon met ’n lap. 2 Verf die kissie met die groen verf (Antibiotic­s) en laat staan dit 4 uur om goed droog te word. Verf nog ’n laag groen verf en laat dit weer behoorlik droog word. 3 Plak die stensil op die plek waar jy die eiervrug wil hê en verf twee lae swart (Graphite). Laat elke laag goed droog word. 4 Laat staan die saadkissie oornag sodat die verf behoorlik kan droog word. Verf dan ’n laag Clear Wax aan – hiervoor kan jy ’n Annie Sloan-kwas gebruik óf sommer ’n ou T-hemp. Wag 6 uur en verf ’n tweede laag van die Clear Wax aan. 5 Gebruik ’n katoenlap om die saadkissie mooi netjies te poets – ek gebruik sommer ’n ou T-hemp daarvoor.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa