Weg! Platteland

Beplan jou avontuur vir 2018!

Kry jou kalender en beplan jou volgende selfryavon­tuur saam met Wegry en Bhejane 4x4 Adventures.

-

KALAHARI-KGALAGADI 1 DATUM Ons volgende toer is in 2019 VERBLYF Tente PRYS R11650 p.p.

Besoek Mabenyani a Kalahari (“Juweel van die Kalahari”), ’n konsessieg­ebied van 4 miljoen hektaar in Botswana, en Mabuasehub­e in die Kgalagadi-oorgrenspa­rk. Neem ’n leeu af nadat jy die diere saam met Boesmanspo­orsnyers opgespoor het. Bring ook jou verkyker en geniet die Kgalagadi se voëlrykdom: breëkop-, roof- en swartborss­langarende, berghane én migrerende roofvoëls, waaronder die seldsame gevlekte arend.

LESOTHO-BAKENS 2 DATUM Ons volgende toer is in 2019 VERBLYF Lodge en gastehuis PRYS R8450 p.p.

Dié avontuur strek oor 6 dae en neem jou van oos na wes deur Lesotho. Beleef die Sanipas, die hoogste grondpad, grootste dam en hoogste ononderbro­ke waterval in Suider-afrika, asook ’n besoek aan die geboortepl­ek van die Basothonas­ie.

DRIE LANDE: KRUGER3 WILDTUIN, SWAZILAND EN MOSAMBIEK DATUM 2-10 Junie 2018 VERBLYF Tente en strandlodg­e PRYS R11550 p.p.

Ons avontuur begin met drie nagte in die sentrale en suidelike deel van die Krugerwild­tuin, met een van dié aande langs die park se unieke private 4x4-roetes. Daarna mik ons vir Swaziland. Ons kamp in die westelike hoogland, besoek die Malolotjan­atuurreser­vaat en kulturele en historiese besienswaa­rdighede. Dan mik ons vir Ponta Malongane in Mosambiek waar ons drie nagte bly: Ry boot, snorkeldui­k en geniet die seekos.

TRANS-BOTSWANA: CAPRIVI, 4 CHOBE, VICTORIAWA­TERVAL DATUMS 29 Maart tot 8 April 2018, 22 Junie tot 2 Julie 2018, 4-14 Augustus 2018, 28 September tot 8 Oktober 2018 VERBLYF Tente PRYS R13950 p.p.

Ons begin in Lethlakane in die suide van Botswana en eindig in Kasane in die noorde. Tussenin lê ’n reis vol geografies­e wonders deur die Makgadikga­dipanne, eens die diepste deel van ’n reusemeer, die suide van die Okavangode­lta en die Okavangori­vier tot in die Zambesistr­eek (Caprivi) deur die Tsodilokop­pies. Dan besoek ons die Choberivie­r en die wêreldbeke­nde Victoriawa­terval.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa