Weg! Platteland

Karin en Percy Janse van Rensburg

Bestuurder­s by Riverman Cabin

-

Dié twee jong mense – Karin is 27 jaar oud en Percy 28 – het ses jaar gelede hierheen getrek nadat hulle mekaar by die Internasio­nale Hotelskool in Sandton ontmoet het. Karin het gasvryheid­sbestuur gestudeer en Percy profession­ele kookkuns. Nou, sê Percy, boer hulle met mense. (Hulle het darem vier beeste: Sirloin, Biltong, Fillet en Steak...)

Percy se ouers het oorspronkl­ik die grond van 27 ha gekoop met die gedagte om hier te kom aftree, maar hulle planne het intussen verander en hulle het die besigheid vir die kinders gegee. Hier is 7 chalets, ’n gholfoefen­bof én ’n foreldam. “Toe dink ons: Wat kort ons om dit ’n besigheid te maak wat ons aan die lewe kan hou? Toe bou ons die restaurant en kapelletji­e.” Nou hou hulle pieknieks en troues, private partytjies en temapartyt­jies (soos Halloween), met Percy wat die kos maak.

Wat was vir hulle die grootste aanpassing? “Wel, ons was gewoond daaraan om 500 m van die Spar af te woon. Nou is dit 100 km na ’n mall toe,” sê Percy. Dit lyk nie of dit hom veel pla nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa