Ber­nard en Bok­kie O’gra­dy

Boe­re op Hou­ten­bek

Weg! Platteland - - My Dorp -

Die O’gra­dys is een van die oud­ste fa­mi­lies op Ton­tel­doos – Ber­nard se ou­pa­groot­jie het die plaas Hou­ten­bek in 1879 ge­koop. En al woon hy en Bok­kie dees­dae op Dull­stroom, kom hy nog el­ke dag plaas toe waar hy hoof­saak­lik met bees­te boer.

Ber­nard is van Ier­se af­koms, wat ver­klaar hoe­kom hy Rooms-ka­to­liek is en die fa­mi­lie in 1952 selfs ’n Rooms-ka­to­lie­ke ker­kie op die plaas ge­bou het (Bok­kie is in die NG Kerk). Maar hy’s A­fri­kaans in murg en been. “W­hat’s going on?” vra hy tong in die kies, “hier’s nie meer men­se op Ton­tel­doos nie. Dis En­gel­se; dis nie men­se nie!”

As dit by boer­de­ry kom, is dit as­of ook hy Ben S­tru­wig se raad eg­go: “Jy kan nie hier kom en ’n be­staan of ’n le­we maak nie. Ver­voer van goed is moei­lik en die pad slég. As jy hier wil oor­leef, moet jy grond erf, weet wat jy doen en ’n an­der in­kom­ste hê.”

Bok­kie kom so een keer per week op die plaas, maar sy er­ken rui­ter­lik sy mis Ton­tel­doos glad nie. “Ek was 30 jaar pal op die plaas, en dis nou lek­ker om weer lid van ’n boek­klub te wees en bid­u­re by te woon. Ek hou my goed be­sig met be­spre­kings vir gas­te­hui­se en is baie lief vir tuin­maak.” En ja, sy hou van kos­maak. “Maar net boe­re­kos, hoor!”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.