PO­F­AD­DER KRY LAAT­MID­DAG-HAP­PIE

Weg! Ry & Sleep - - BRIEWE - CHRIS EN DA­LEEN S­TEEN­KAMP MID­DEL­BURG, M­PU­MA­LAN­GA

Ons was on­langs by Jon­gens­fon­tein na­by S­til­baai in die Wes-Kaap. Ty­dens een laat­mid­dag­stap­pie het ons op ’n vlei­rot af­ge­kom wat dood­stil in die paad­jie voor ons ge­sit het. Dit was eers met na­de­re on­der­soek dat ons die po­f­ad­der ge­waar wat roer­loos langs die paad­jie lê. Die rot het nog ge­le­we, maar kon nie roer nie en is waar­skyn­lik kort te­vo­re deur die slang ge­byt. Ná on­ge­veer 10 mi­nu­te het die po­f­ad­der sta­dig na die ag­ter­ste deel van die rot be­weeg, met sy neus teen die rot ge­druk en sy tong oor die prooi ge­streel, se­ker om te be­ves­tig dat die rot nie meer kon byt nie. Hier­na het die slang na voor ge­seil en die rot be­gin in­sluk. Die rot was steeds le­wend en sy a­sem­ha­lings­be­we­gings het eers op­ge­hou na­dat die rot half­pad in­ge­sluk was. Die he­le in­sluk­pro­ses het se­ker so se­we tot tien mi­nu­te ge­duur.

As die foto’s van ’n sleg­te ge­hal­te is – ek het eers ge­mak­lik ge­noeg ge­voel om na­der te staan toe die vlei­rot in die po­f­ad­der se bek was!

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.