BOSNUUS

Kom kui­er vir ons by die KKNK

Weg! Ry & Sleep - - INHOUD -

Weg­Ry gaan ou­der­ge­woon­te weer ’n veld­roe­te of twee by van­jaar se Klein-Ka­roo Na­si­o­na­le Kuns­te­fees ry. Daar is twee op­sies – op 26 Maart ry ons ’n grond­pad­roe­te deur die Swart­ber­ge, waar­voor jy net ’n 4x2 met goeie grond­vry­hoog­te no­dig het. Die vol­gen­de dag pak ons har­de­baard-paaie deur die Ka­roo waar jy ’n 4x4 met la­e­s­trek moet hê.

Die Swart­berg-roe­te loop al langs die sui­de­li­ke han­ge van die Swart­ber­ge, van­af Ca­litz­dorp deur Groe­ne­fon­tein, en ein­dig op ’n teer­pad na­by die Kan­go-grot­te.

Die har­de­baar­droe­te lei ons na die Min­wa­ter-e­ko­re­ser­vaat tus­sen Oudts­hoorn en Ca­litz­dorp. Hier loop ’n he­le paar veld­roe­tes.

Ons ont­moet om 8:30 el­ke og­gend by die Bel­la de Ka­roo­p­ad­stal op die R62, so­wat 28 km bui­te Oudts­hoorn op die pad na Ca­litz­dorp. Ons sal te­rug wees teen 15:00. Die roe­tes word on­der be­ge­lei­ding van B­he­ja­ne Ad­ven­tu­res ge­ry, met twee­rig­ting­ra­dio’s. Dit kos R250 per per­soon en die prys sluit ’n piek­niek­mid­dag­e­te en ge­bot­tel­de wa­ter in. Om te be­spreek, kon­tak B­he­ja­ne 4x4 Ad­ven­tu­res by 044 535 9257 of in­fo@ b­he­ja­ne.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.